settings icon
share icon
Vraag

Het God almal lief of net vir Christene?

Antwoord


Daar is ‘n begrip dat God almal in die hele wêreld lief het (Johannes 3:16; 1 Johannes 2:2; Romeine 5:8). Hierdie liefde is nie voorwaardelik nie—dit is gebaseer slegs op die feit dat God ‘n God van liefde is (1 Johannes 4:8, 16). God se liefde vir die hele mensdom is sigbaar in die feit dat God Sy genade bewys deur mense nie onmiddelik vir hulle sonde straf nie (Romeine 3:23; 6:23). God se liefde vir die wêreld word gesien in die feit dat Hy mense die geleentheid bied om tot bekering te kom (2 Petrus 3:9). Maar, God se liefde vir die wêreld beteken nie dat Hy sonde oorsien nie. God is ook ‘n God van geregtigheid (2 Thessalonicense 1:6). Sonde kan nie vir ewig ongestraf bly nie (Romeine 3:25-26).

Die grootste liefdesdaad in ewigheid word beskryf in Romeine 5:8, “Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” Enigeen wat God se liefde misken, wat Christus as Verlosser verwerp, wat die Verlosser wie jou gekoop het verloën (2 Petrus 2:1) sal aan God se toorn onderwerp wees vir ewigheid (Romeine 1:18), nie Sy liefde nie (Romeine 6:23). God het almal onvoorwaardelik lief deurdat Hy genade bewys aan almal deur hulle nie onmiddelik te verdelg vanweë hulle sonde nie. Terselfdertyd het God “verbondsliefde” slegs vir die wat hulle geloof in Jesus Christus plaas vir verlossing (Johannes 3:36). Slegs die wat in Jesus Christus glo as hulle Here en Verlosser sal God se liefde tot in ewigheid ervaar.

Het God almal lief? Ja. Het God Christene meer lief as nie-Christene? Nee. Het God Christene op ‘n ander manier lief as wat Hy nie-Christene lief het? Ja. God het almal eweveel lief in die sin dat Hy aan almal genade betoon. God het vir Christene op ‘n ander manier lief omdat slegs Christene Sy ewige genade en ontferming ontvang het met die belofte van Sy ewige liefde in die hemel. Die onvoorwaardelike liefde wat God vir almal het, behoort ons in die geloof na Hom te neem, om in dankbaarheid die groot voorwaardelike liefde te ontvang wat Hy skenk aan almal wat vir Jesus Christus as Verlosser aanneem.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God almal lief of net vir Christene?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries