settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God Gees is?

Antwoord


Die lering dat “God gees is” word in Joh 4:24 gevind: God is Gees en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid,” Jesus het dit aan ‘n vrou gesê wat gedink het dat fisiese lokaliteit verband hou met behoorlike aanbidding van God.

Die feit dat God Gees is, beteken dat God die Vader nie ‘n menslike liggaam het nie. God die Seun het na die aarde gekom in ‘n menslike vorm (Joh 1:1,14), maar God die Vader het nie. Jesus is uniek as Immanuel, “God met ons” (Matt 1:23). Numeri 23:19 plaas klem op God se waarheidsliefde deur Hom in kontras met die sterlike mens te plaas: “God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.”

Sommige vra waarom die Bybel soms van God praat asof Hy ‘n liggaam het. Jes 59:1 maak melding van God se “arm” en “oor.” 2 Kron 16:9 praat van God se “oë.” Matt 4:4 plaas woorde in God se “mond.” In Deut 33:27 het God “arms.” Al hierdie verse is voorbeelde van antropomorfisme – ‘n manier om God te beskryf in anatomiese of emosionele terme, sodat mense Hom beter kan verstaan. Die gebruik hiervan, ‘n vorm van figuurlike taal, impliseer nie dat God ‘n werklike liggaam het nie.

Om te sê dat God Gees is, is om te sê dat God die Vader onsigbaar is. Kol 1:15 praat van “ God wat self nie gesien kan word nie.” 1 Tim 1:17 vereer God, deur te sê, “Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.”

Alhoewel God Gees is, is Hy ook ‘n lewende, persoonlike wese. Dus kan ons Hom persoonlik ken. Jos 3:10 praat van God as volg, “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is.” Ps 84:3 verklaar, “……met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.”

Filosofies gesproke, moet God ‘n Gees wees om ewig te kan wees. Ook, as God beperk was tot ‘n fisiese liggaam, kon Hy nie alomteenwoordig (oral op dieselfde tyd) wees nie. God die Vader is nie beperk tot die dimensionele beperkinge van geskape dinge nie, maar kan op alle plekke op dieselfde tyd bestaan. God is die ongeskape Eerste Oorsaak wat die krag is agter alle ander wesens.

Dit is interessant dat in Joh 4:24 Jesus die konneksie tussen God as Gees maak en om Hom in Gees en waarheid te aanbid. Die gedagte is dat, aangesien God Gees is, mense Hom akkuraat moet aanbid (in waarheid) en in Gees (met hul siel en hart), in teenstelling daarmee om op tradisies, rituele en fisiese plekke staat te maak.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God Gees is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries