settings icon
share icon
Vraag

Is God gekant teen plesier?

Antwoord


Sommige mense dink aan God as ‘n wrede werkgewer, gekant teen alle plesier of vermaak. Vir hulle is Hy die God van alle êrns of die God van reëls. Dit is egter nie ‘n akkurate, bybelse beeld van God nie.

God het ons geskep met die vermoë om plesier te ervaar. Verskeie Skrifgedeeltes praat van ons vreugde en plesier (bv. Ps 16; Spreuke 15:13; 17:22). Die skoonheid van die skepping en die diversiteit van die mensdom wys ons God se kreatiewe palet. Baie mense vind plesier deur urelank buitekant te spandeer of in verhouding met mense van verskillende persoonlikhede. Dit is goed en reg. God hou daarvan dat Sy skepping geniet moet word.

In die Bybel sien ons dat God Self ook plesier vind in dinge. Sefanja 3:17, byvoorbeeld, sê dat God vol vreugde is oor ons en dat Hy jubel en juig oor ons. God het ook veelvuldige vierings en feeste ingestel in die Ou Testament. Hierdie feeste her ‘n didaktiese element gehad, maar dit was ook feesvieringe. Die Skrif praat van vreugde hê – Filippense en Psalms is twee plekke waar ons baie daarvan sien. Jesus verklaar, “’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed” (Joh 10:10). Lewe “in oorvloed” klink na ‘n vreugdevolle ondervinding.

God se ontwerp van die menslike liggaam openbaar dat plesier deel van Sy plan is. Smaakorgane en ander sensoriese organe is bewys dat God nie teen plesier gekant is nie. Hoekom smaak kos so lekker? Hoekom is die geur van rose so aangenaam? Hoekom is ‘n rugmassering so aangenaam? Omdat God dit so wou hê. Plesier was God se idee.

Soms dink ons dat, wanneer Christene oor plesier en vreugde praat, beteken dit dat hulle praat van Bybellees, meditering of om te dien. Ons geniet definitief daardie dinge, maar dan sluit ons nie ander aktiwiteite uit nie. God het ons ook geskep om gemeenskap met ander te hê en vir ontspanning. Ons is gemaak om vreugde daarin te vind om Sy kinders te wees, deur die talente wat Hy ons mee seen, te gebruik en deur deel te neem aan die vreugde wat Hy ons bied.

Dit is ook wys om te onderskei tussen verskillende tipes “plesier” in hierdie wêreld. Ons lewe in ‘n gevalle wêreld waar God se beste vir ons soms op die dwaalweg bring. Net omdat die samelewing ‘n aktiwiteit as plesierig voorstel, beteken dit nie dat dit vir God ook vreugde bied nie (Gal 5:19-21; Kol 3:5-10; 1 Kor 6:12-17). As ons hierdie “genietinge” van die wêreld oorweeg, vind ons dat hulle nie vir ons gesond is of bevorderlik is vir langtermyn nie. Die verlore seun het in sonde gedy, tot die geld op was; toe het hy gevind dat die genietinge van die sonde verbygaan (Luk 15:11-17). Hulle is valse vriende wat ons leeg en vol verlange nalaat.

Dit is ook belangrik om te besef dat die doel van ons lewens nie plesier is nie. Hedonisme is ‘n vals filosofie. Ons is geskep om God vreugde te verskaf (Ps 37:4) en die goeie dinge wat Hy voorsien, te aanvaar. Nog belangriker is dat ons geskep is om ‘n verhouding met God te hê. Nee, God is nie gekant teen plesier nie. Hy is gekant teen genietinge wat Sý plek in ons lewens oorneem. Soms word ons geroep om die vreugde van die oomblik op te gee, om sodoende in die groter genot van God se koninkryk te belê. Ons sal nie teleurgesteld wees nie. Vir hulle wat Hom en Sy geregtigheid soek, het God “oorvloedige blydskap” in voorraad (Ps 16:11).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is God gekant teen plesier?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries