settings icon
share icon
Vraag

Wanneer, hoekom en hoe dissiplineer die Here God ons as ons sondig?

Antwoord


Die Here se dissiplinering is ‘n feit wat dikwels deur gelowiges geïgnoreer word. Dikwels kla ons oor ons omstandighede, sonder om te besef dat ons die oorsaak van ons eie sonde is en deel vorm van die Here se liefdevolle en genadige dissipline vir daardie sonde. Hierdie selfgesentreerde ontkenning kan bydra tot die vorming van gewoonte-sondes in die gelowige se lewe, wat selfs groter dissiplinering vra.

Dissiplinering moenie verwar word met ongevoelige straf nie. Die Here se dissiplinering is ‘n reaksie op Sy liefde vir ons en Sy begeerte vir ons om heilig te wees. “My seun aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen Sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun” (Spreuke 3:11-12; ook Hebr 12:5-11). God wil toetsing, beproewings en verskeie situasies gebruik om ons na Hom toe terug te bring, deur te bely. Die dissipline loop uit op ‘n sterker geloof en hernieude vriendskap met God (Jak 1:2-4), om nie te praat van die vernietiging van die houvas, wat sekere sondes op ons het nie.

Die dissipline van die Here werk vir ons eie beswil, sodat Hy deur ons lewens grootgemaak en vereer kan word. Hy wil hê dat ons lewens heiligheid moet uitstraal, die nuwe natuur wat God vir ons gegee het: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: ‘Wees heilig, want Ek is heilig’ “ (1 Pet 1:15-16). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer, hoekom en hoe dissiplineer die Here God ons as ons sondig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries