Vraag
Hoekom vereis God geloof?
Antwoord
Ons verhouding met God is gelykstaande aan ons verhouding met ander, in die sin van dat alle verhoudings vertroue benodig. Ons kan nooit enige ander persoon volledig ken nie. Ons kan nie ervaar wat hulle ervaar nie of in hul verstand lees wat hul gedagtes en gevoelens is nie. Spreuke 14:10 sê, "Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie." Ons het nie eers die vermoë om selfs ons eie harte volkome te ken nie. Jer 17:9 sê dat die menslike hart bedrieglik is, "wie kan hom verstaan?" Met ander woorde, die menslike hart is sodanig dat dit die diepte van sy swakheid probeer wegsteek en so selfs sy eienaar mislei. Ons doen dit deur skuld op ander te plaas, deur verkeerde optrede goed te praat, ons sondes te verberg, ens.
Aangesien ons nie by magte is om ander mense ten volle te ken nie, is geloof (vertroue) tot 'n sekere mate 'n integrale bestanddeel van alle verhoudings. Byvoorbeeld, 'n vrou ry saam met haar man in 'n motor en vertrou hom om veilig te bestuur, alhoewel hy dikwels vinniger as sy op nat paaie bestuur. Sy vertrou dat hy te alle tye in hul beste belang sal optree. Ons almal deel inligting oor onsself met ander en vertrou dat hulle ons nie met daardie kennis sal bedrieg nie. Vertroue is dus altyd 'n nodige komponent in ons verhoudings, óf dit vreemdelinge óf intieme vriende en maats is, aangesien ons andere nie ten volle ken nie.
As ons nie ons mede sterflike menslike wesens volledig kan ken nie, hoe kan ons verwag om 'n ewige God ten volle te ken? Al sou Hy begeer om Homself volkome te openbaar, is dit onmoontlik vir ons om Hom ten volle te ken. Dit is soos om te probeer om die oseaan (op die oog af oneindig in kwantiteit) in 'n kwartmaatbeker (verganklik) in te gooi….onmoontlik! Nietemin, selfs al kan ons betekenisvolle verhoudings met andere hê, wat sodanig gegroei het dat ons hulle kan vertrou, as gevolg van ons kennis aangaande hulle en hul karakter, het God genoeg aangaande Homself geopenbaar deur Sy skepping (Rom 1:18-21), deur Sy geskrewe Woord, die Bybel (2 Tim 3:16-17; 2 Pet 1:16-21) en deur Sy Seun (Joh 14:9), sodat ons in 'n betekenisvolle verhouding met Hom kan tree. Dit is slegs moontlik as die skeiding van sonde verwyder is deur in die Persoon van Christus te glo en die werk aan die kruis as betaling vir ons sonde. Dit is nodig, omdat, soos dit onmoontlik is vir beide lig en donkerte om bymekaar te kom, so is dit onmoontlik vir 'n heilige God om met 'n sondige mens 'n verhouding te hê, sonder dat daar vir sy sonde betaal en dit verwyder is. Jesus Christus, die sondelose Seun van God het aan die kruis gesterf om ons straf te dra en ons te verander, sodat die een wat in Hom glo, hom daarop kan beroep dat hy 'n kind van God is en die ewige lewe in Sy teenwoordig kan hê (Joh 1:12; 2 Kor 5:21; 2 Pet 3:18; Rom 3:10-26).
Daar was tye in die verlede dat God Homself meer "sigbaar" aan mense geopenbaar het. Een voorbeeld hiervan is gedurende die uittog uit Egipte, toe God Sy sorg vir die Israeliete geopenbaar het deur die stuur van die wonderwerkende plae teen die Egiptenare, totdat hulle gewillig was om die Israeliete van slawerny te bevry. Toe het God die Rooisee geopen en ongeveer twee miljoen Israeliete kon op droë grond deurgaan. Toe die Egiptiese leër gepoog het om deur dieselfde gaping deur te gaan, het die waters hulle oorspoel (Eks 14:22-29). Later in die woestyn het God hulle wonderbaarlik met manna gevoed en hulle deur die dag gelei met 'n wolkkolom en in die nag met 'n vuurkolom. Dit was sienbare tekens van Sy teenwoordigheid by hulle (Eks 15:14-15).
Tog ten spyte van hierdie herhaalde demonstrasies van Sy liefde, leiding en almag, het die Israeliete steeds geweier om Hom te vertrou, toe Hy hulle in die Beloofde Land wou bring. Hulle het egter gekies om die woord van tien manne te glo, wat hulle bang gemaak het met hul stories in verband met die ommuurde stede en die reuse van daardie land (Numeri 13:26-33). Hierdie gebeure toon dat God se verdere openbaring van Homself aan ons geen groter effek sou hê op ons vermoë om Hom te vertrou nie. Sou God op dieselfde wyse met hedendaagse mense handel, sou ons nie anders optree as die Israeliete nie, as gevolg van ons sondige harte, wat dieselfde as hulle s'n is.
Die Bybel praat ook van 'n toekomstige tyd wanneer die verheerlikte Christus sal terugkom van Jerusalem vir 1,000 jare, om die aarde te regeer (Openbaring 20:1-10). Meer mense sal op die aarde gebore word gedurende daardie regering van Christus. Hy sal regeer met volkome reg en regverdigheid, tog, ten spyte van Sy perfekte regering, sê die Bybel dat, teen die einde van 1,000 jare, sal Satan geen probleem hê om 'n leër op te rig teen Christus se regering nie. Die toekomstige gebeurtenis van die millennium en die gebeurtenis in die verlede van die uittog, openbaar dat die probleem nie is dat God Homself te min aan die mens openbaar nie, maar eerder dat die mens se sondige hart teen God se liefdevolle regering rebelleer. Ons strewe op 'n sondige wyse na selfregering.
God het genoeg van Sy natuur aan ons openbaar, sodat ons Hom kan vertrou. Hy het deur die gebeure soos in die geskiedenis verloop, Homself openbaar in die werkinge van die natuur en deur die lewe van Jesus Christus dat Hy almagtig, alwetend, alwys, liefdevol, heilig, onveranderlik en ewig is. In daardie openbaring het Hy ons gewys dat Hy waardig is om vertrou te word. Soos met die Israeliete in die woestyn, is die keuse ons s'n of ons Hom wil vertrou of nie. Dikwels is ons ingestel om hierdie keuse te maak op wat ons dink ons weet aangaande God, eerder as wat Hy oor Homself geopenbaar het en wat ons oor Hom kan verstaan deur 'n noukeurige studie van Sy foutlose Woord, die Bybel. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, begin met 'n indiepte-studie van die Bybel, sodat jy God kan leer ken deur 'n vertroue te hê op Sy Seun, Jesus Christus. Hy het aarde toe gekom om ons van sonde te red, sodat ons nou reeds gelukkige vriendskap met God kan geniet en op meer volledige wyse eendag in die hemel.
English
Hoekom vereis God geloof?