settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is God nie dieselfde in die Ou Testament en die Nuwe Testament?

Antwoord


Daar bestaan ‘n fundamentele wanbegrip oor die karakter van God soos dit aan ons geopenbaar word in die Ou en die Nuwe Testament. Hierdie wanbegrip kom duidelik na vore wanneer daar stellings gemaak word dat “die God van die Ou Testament is ‘n God van wraak maar God van die Nuwe Testament is ‘n God van liefde”. Ons moet verstaan dat God, Homself aan ons openbaar deur historiese gebeurtenisse soos wanneer dit gebeur het. Deur al hierdie historiese gebeurtenisse word Sy verhouding met mens geleidelik geopenbaar en ja, dit is dus moontlik dat daar berkeerde persepsie gevorm kan onstaan indien die Bybel nie as geheel gelees word nie. God bly dieselfde, beide Sy wraak en Sy liefde word baie duidelik in altwee die Testamente weerspiee̎l.

Die Ou Testament openbaar baie duidelik God se barmhartigheid, Sy genade, Sy goedheid, Sy geduld en Sy volkome liefde, (Eksodus 34:6; Deuteronomium 4:31; Nehemia 9:17; Psalms 86:5; 15; Joe̎l 2:13). In die Nuwe Testament word God se goedheid en genade ook mooi uitgebeeld deur hierdie vers, “God het die mensdom so liefgehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16).

Regdeur die Ou Testament kan ons duidelik sien dat God, Israel hanteer, net soos enige liefdevolle vader sy eie kinders sal hanteer. Wanneer hulle moedswillig sonde pleeg, soos toe hulle afgode dien het Hy hulle gestraf. Maar wanneer hulle dan berou toon het Hy hulle elke keer vergewe. Ons vind dieselfde tendens ook in die Testament, byvoorbeeld, Hebree̎rs 12:6 vertel ons dat “God dissiplineer die wat Hy lief het en Hy straf elkeen wat Hy as Sy kind aanneem”.

Die Ou Testament wys ons gereeld God se oordeel en Sy wraak teenoor sonde. Netso sien ons in die Nuwe Testament God se wraak; Romeine 1:18 “Van Sy hemelse woonplek af maak God Sy straf bekend oor die mense wat goddeloosheid en ongeregtigheid bedryf en so die waarheid onderdruk”. Dit is baie duidelik dat daar geen verskil is in “die” God wat aan ons geopenbaar word in die Ou en Nuwe Testament. God is van nature onveranderlik. Ons mag wel ‘n verskil in Sy natuur of karakter sien in sekere verse of Bybel gedeeltes, maar dit is net omdat daar leemtes in ons eie verstaan en wysheid is, God verander nooit.

As ons die Bybel lees en studeer word dit duidelik dat God dieselfde bly in die Ou en Nuwe Testament al bestaan die Bybel uit 66 individuele boeke wat oor twee (miskien drie) kontinente geskryf was, in drie verskillende tale, oor ‘n periode van ongeveer 1500 jaar deur meer as 40 skrywers. Dit bly steeds eenvormig sonder enige teenstrydigheid.

In die Bybel sien ons hoe liefdevol, genadig en regverdig God is met sondige mense in verskeie situasies. Die Bybel is eintlik God se liefdes brief aan mens. God se liefde vir Sy skepping, veral die mens, is baie duidelik te sien in die Bybel. Regdeur die Bybel sien ons hoe God, liefdevol, mense roep tot ‘n spesiale verhouding met Homself, nie omdat ons dit enigsins verdien nie, maar omdat Hy barmhartig en genadig is. God wag geduldig met ‘n oorvloed van liefde vir elkeen van ons. Maar netso kan ons ook sien dat Hy heilig en regverdig is en dat Hy elkeen oordeel wat Sy Woord veronagsaam en weier om Hom te aanbid (Romeine hoofstuk 1).

Omdat God heilig en reverdig is, moet alle sonde van die verlede, die huidige asook in die toekoms veroordeel word. Deur God se oneindige liefde het Hy ‘n “betaling” vir alle sonde ingestel met die doel om mens met Hom te versoen. Hierdie versoening maak dit moontlik vir mens om Sy wraak (teen ons sonde) vry te spring. Ons sien hierdie wonderlike waarheid in 1 Johannes 4:10 – “Dit is ware liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem”. In die Ou Testament het God ‘n sisteem van offerande ingestel wat as boete vir sonde gedien het. Hierdie sisteem van offers was net tydelik totdat Jesus Christus vir ons sondes op die kruis gesterf het en ‘n volkome verlosing vir sondes geword het (Hebree̎rs 10). Die Verlosser wat in die Ou Testament belowe is, word ten volle in die Nuwe Testament geopenbaar. In die Ou Testament was daar slegs oor die Verlosser geskryf, maar in die Nuwe Testament kan ons sien dat God Sy Seun gestuur het as betaling vir sonde, hierdie genadigheid van God toon duidelik God se liefde vir mens. Beide die Ou en Nuwe Testament was deur God aan mens gegee “om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Jesus Christus kom” (1 Timoteus 3:15). God se Woord in geheel wys duidelik dat God “onbeweeglik vasstaan, Selfs Sy skaduwee verskuif nie” (Jakobus 1:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is God nie dieselfde in die Ou Testament en die Nuwe Testament?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries