settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat die Heilige Gees ons Voorspraak is?

Antwoord


Nadat Jesus aan Sy dissipels vertel het dat Hy hulle binnekort sou verlaat, het Hy aan hulle ‘n verklaring van groot bemoediging gegee: “Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid” (Joh 14:16-17).

Die Griekse woord vir “Trooster” of “Voorspraak” (soos in Joh 14:16, 26; 15:26 en 16:7) is “parakletos.” Hierdie vorm van die woord is onbetwisbaar passief en beteken eintlik “one called to the side of another;” die woord dra ‘n sekondêre betekenis, wat betref die doel van die “langsaan roeping;” om die een wat dit nodig het, te ondersteun of raad te gee. Hierdie Raadgewer of Paraclete is God die Heilige Gees, die derde persoon van die Drie-eenheid, wat geroep is om aan ons sy te bly. Hy is ‘n persoonlike wese en Hy woon in elke gelowige.

Gedurende Sy aardse bediening, het Jesus Sy dissipels gelei, beskerm en geleer; maar nou in Joh 14-16 berei Hy voor om hulle te verlaat. Hy belowe dat die Gees van God na die dissipels sou kom en by hulle bly en sodoende die plek inneem van hul Meester se fisiese teenwoordigheid. Jesus het die Gees “’n ander Voorspraak” genoem – ‘n ander van dieselfde soort. Die Gees van God verskil nie van die Seun van God in wese nie, want beide is God.

Gedurende die Ou Testamentiese tyd het die Gees van God op mense gekom en hulle dan weer verlaat. God se Gees het koning Saul verlaat (1 Sam 16:14; 18:12). Toe Dawid sy sonde bely het, het hy gevra dat die Gees nie van hom weggeneem word nie (Ps 51:13). Maar toe Jesus weggegaan het, het Hy Sy Gees gegee en Hy het na God se kinders gekom om vir ewig by hulle te bly. Ons kan die Heilige Gees bedroef, maar Hy sal ons nooit verlaat nie. Soos Jesus in Matt 28:20 gesê het, “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Hoe is Hy by ons as Hy in die hemel is, waar Hy sit aan die regterhand van die Vader? Hy is by ons deur Sy Gees (die Helper – die Parakletos). Om die Heilige Gees te hê as ons Paraclete is om God Self in ons as gelowiges te hê – waar Hy in ons woon. Die Gees leer ons die Woord en lei ons in die waarheid. Hy herinner ons van wat Jesus ons geleer het, sodat ons op Sy Woord kan vertrou in moeilike tye van ons lewens. Die Gees werk in ons om ons Sy vrede te gee (Joh 14:27), Sy liefde (Joh 15:9-10), en Sy blydskap (Joh 15:11). Hy vertroos ons harte en gedagtes in ‘n moeilike wêreld. Die krag van die inwonende Paraclete gee ons die vermoë om deur die Gees te lewe en “nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie” (Gal 5:16). Die Gees kan dan vrug in ons lewens produseer (Gal 5:22-23) tot die heerlikheid van God die Vader. Wat ‘n seëning om die Heilige Gees as ons Paraclete in ons lewens te kan hê – ons Trooster, ons Bemoediger, ons Raadgewer en ons Voorspraak!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat die Heilige Gees ons Voorspraak is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries