Vraag
Hoekom is die duif dikwels gebruik as ‘n simbool vir die Heilige Gees?
Antwoord
Al vier Evangelies se weergawes verwys na die doping van Jesus deur Johannes by die Jordaanrivier (Matt 3:16; Mark 3:22; Joh 1:32). Lukas sê, “en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ‘n duif op Hom neergedaal.” Omdat die Heilige Gees presies dit is – gees – is Hy nie sigbaar vir ons nie. Ten tye van hierdie gebeure egter het die Gees ‘n sigbare voorkoms aangeneem en was sonder twyfel deur alle mense gesien. Die duif is ‘n embleem van reinheid en opregtheid (Matt 10:16) en die vorm van die duif by Jesus se doop dra die betekenis dat die Gees wat op Jesus neergedaal het, heilig en onskuldig was.
‘n Ander simbool betrokke, is die duif ná die vloed, gestuur uit Noag se ark in Gen 6-8. Toe die aarde vir ‘n tydlank met water bedek was, wou Noag bepaal of daar iewers droë grond was, dus het hy die duif uit die ark gestuur; die duif het teruggekeer met ‘n olyftak in sy bek (Gen 8:11). Sedert daardie tyd was die olyftak ‘n simbool van vrede. Dit is simbolies dat die storie van Noag se duif ons vertel dat God vrede verklaar het met die mensdom na die vloed, wat die aarde gereinig het van goddeloosheid. Die duif het Sy Gees verteenwoordig deur die goeie nuus van versoening tussen God en die mensdom te bring. Dit was natuurlik net ‘n tydelike versoening, aangesien voortdurende, geestelike versoening met God slegs deur Jesus Christus kom. Maar dit is kenmerkend dat die Heilige Gees die beeld was van ‘n duif by Jesus se doping, wat weereens die simboliek van vrede met God is.
By Pinkster het die Heilige Gees die vorm van vuurtonge aangeneem (Hand 2:3) om die wonderwerkende krag van die apostels se boodskap en hul radikale veranderde lewens te openbaar. Die Gees se verskyning soos ‘n duif by Jesus se doping, simboliseer die sagmoedige Verlosser wat vrede aan die mensdom gebring het deur Sy offerande aan die kruis.
English
Hoekom is die duif dikwels gebruik as ‘n simbool vir die Heilige Gees?