settings icon
share icon
Vraag

Is die Heilige Gees ‘n persoon?

Antwoord


Baie mense vind die lering aangaande die Heilige Gees verwarrend. Is die Heilige Gees ‘n krag, ‘n persoon of iets anders? Wat leer die Bybel ons?

Die Bybel voorsien baie maniere om ons te help verstaan dat die Heilige Gees ‘n werklike persoon is – dit is, Hy is ‘n persoonlike wese, eerder as ‘n onpersoonlike ding. Eerstens, elke voornaamwoord wat gebruik word as daar na die Gees verwys word, is “hy” en nie “dit” nie. Die oorspronklike Griekse taal van die Nuwe Testament is duidelik, deur die persoon van die Heilige Gees te bevestig. Die woord vir “Gees” (pneuma) is onsydig en sou natuurlik onsydige voornaamwoorde neem volgens grammatikale reëls. Tog in baie gevalle, word manlike voornaamwoorde gevind (Joh 15:26; 16:13-14). Volgens die grammatika, is daar geen ander manier om die voornaamwoorde van die Nuwe Testament te verstaan, met betrekking tot die Heilige Gees nie – na Hom word verwys as ‘n “Hy,” as ‘n persoon.

Matt 28:19 leer ons om in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees te doop. Dit is ‘n kollektiewe verwysing na die een Drie-enige God. Ook moet ons nie die Heilige Gees bedroef nie (Ef 4:30). Daar kan teen die Gees gesondig word (Jes 63:19) en vir Hom gelieg word (Hand 5:3). Ons moet Hom gehoorsaam (Hand 10:19-21) en Hom vereer (Ps 51:11).

Die bestaan as ‘n persoon, naamlik die Heilige Gees, word ook deur Sy baie werke bevestig. Hy was persoonlik betrokke in die skepping (Gen 1:2), bemagtig God se mense (Sag 4:6), gee leiding (Rom 8:14), vertroos (Joh 14:26), oortuig (Joh 16:8), leer (Joh 16:13), verhinder sonde (Jes 59:19), en gee opdragte (Hand 8:29). Elkeen van hierdie werke vereis die betrokkenheid van ‘n persoon, eerder, as ‘n krag, ding of idee.

Die Heilige Gees se karaktereienskappe verwys ook na Sy persoonlikheid. Die Heilige Gees het lewe (Rom 8:2, het ‘n wil (1 Kor 12:11), is alwetend (1 Kor 2:10-11), is ewig (Hebr 9:14), en is alomteenwoordig (Ps 139:7). ‘n Krag op sy eie kon nie al hierdie eienskappe besit nie, maar die Heilige Gees kan.

En die persoonlikheidsrol van die Heilige Gees word bevestig deur Sy rol as die derde Persoon van die Godheid. Slegs ‘n wese wat gelykstaande is aan God (Matt 28:19) en die eienskappe besit van alwetendheid, alomteenwoordigheid en ewiglik kan as God gedefinieer word. In Hand 5:3-4 het Petrus na die Heilige Gees verwys as God, deur te sê, “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? Die grond was mos joune en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” Paulus het dieselfde gedoen deur na die Heilige Gees te verwys as God in 2 Kor 3:17-18, deur te sê, “Die Here” beteken hier “die Gees,” en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”

Die Heilige Gees is ‘n persoon, soos in die Skrif duidelik gemaak word. As sulks, word na Hom verwys as God en Hy dien in volmaakte eenheid met die Vader en Seun om ons in ons geestelike lewens te lei.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Heilige Gees ‘n persoon?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries