settings icon
share icon
Vraag

Wie is die Heilige Gees?

Antwoord


Daar is baie misverstande oor die identiteit van die Heilig Gees. Sommige mense beskou die Heilige Gees as een of ander mistieke mag. Ander beskou die Heilige Gees as die onpersoonlike mag wat God gee aan die volgelinge van Christus. Wat sê die Bybel omtrent die identiteit van die Heilige Gees? Eenvoudig gestel – die Bybel sê dat God die Heilige Gees is. Die Bybel sê ook dat die Heilige Gees ’n Persoon is, ’n wese met verstand, emosies en ’n eie wil.

Die feit dat God die Heilige Gees is, kan in baie skrifgedeeltes gesien word, onder andere in Handelinge 5:3-4. In hierdie gedeelte wil Petrus by Ananias weet hoekom hy vir die Heilige Gees gelieg het en hy sê vir hom hy het “nie vir mense gelieg nie, maar vir God self.” Dit is ’n baie duidelike stelling dat wanneer jy vir die Heilige Gees lieg, jy vir God lieg. Ons weet ook dat die Heilige Gees is God omdat Hy dieselfde eienskappe as God het. Die feit dat die Heilige Gees alomteenwoordig is, kan byvoorbeeld in Psalm 139:7-8 gesien word “U is oral. Daar is nie ’n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie. As ek hemel toe gaan, is U daar. As ek doodgaan, is U by my. Al kan ek so vinnig soos lig beweeg of al gaan ek na die verste plek toe, U is daar. Die afstand tussen oos en wes is nie vir U te ver om gou na my te kom nie.” En in 1 Korinthiërs 2:10 sien ons die eienskappe van alwetendheid in die Heilige Gees. “Ons weet nie hierdie dinge sommer vanself nie. God het dit vir ons met behulp van sy Gees kom verduidelik. Die Heilige Gees weet alles, selfs alles wat in God se diepste gedagtes aangaan.”

Ons weet dat die Heilige Gees werklik ’n Persoon is omdat Hy ’n verstand, emosies en ’n eie wil het. Die Heilige Gees dink en weet (1 Korinthiërs 2:10). Die Heilige Gees kan bedroef word (Efesiërs 4:30). Die Gees tree vir ons in (Romeine 8:26-27). Die Heilige Gees maak besluite volgens Sy wil (1 Korinthiërs 12:7-11). Die Heilige Gees is die derde “Persoon” van die Drie-eenheid. As God kan die Heilige Gees werk as die Helper wat God belowe het Hy sal wees (Johannes 14:16,26; 15:26).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries