settings icon
share icon
Vraag

Is Jesus, God? Het Jesus ooit gesê dat Hy God is?

Antwoord


Daar word nêrens in die Bybel aangedui dat Jesus die presiese woorde, “Ek is God.”, gebruik het nie. Dit beteken egter nie dat Jesus nie gesê het dat Hy God is nie. Kyk byvoorbeeld na Jesus se woorde in Johannes 10:30, “Ek en die Vader dink en doen dieselfde dinge. Ja, Ons is een.” Aanvanklik lyk dit nie na ’n aanspraak om God te wees nie, maar let op na die Jode se reaksie op Sy stelling: “Wat ons briesend maak, is dat jy God beledig. Jy, wat ’n gewone mens is, stel jouself sommer as God aan. Waar het jy dít nou al gehoor?” (Johannes 10:33).

Die Jode het verstaan dat Jesus in sy stelling daarop aanspraak maak dat Hy God is. In die daaropvolgende verse het Jesus nooit die Jode anders probeer oortuig deur te sê, “Ek maak nie daarop aanspraak dat ek God is nie.” Dit dui daarop dat Jesus verklaar het Hy is God deur te sê, “ Ek en die Vader is een” (Johannes 10:30). Johannes 8:58 is nog ’n voorbeeld. Jesus het gesê, “Luister hierna: Abraham was nog nie eens gebore nie, toe was Ek al daar.” In reaksie hierop het die Jode wee reens klippe opgetel om Jesus te stenig (Johannes 8:59). Hoekom sou die Jode Jesus wou stenig as die Hy nie iets gesê het wat hulle geglo het lasterlik was nie, naamlik ’n aanspraak daarop om God te wees?

Johannes 1:1 sê dat “die Woord was God.” Johannes 1:14 sê, “Die Woord het mens geword.” Dit wys baie duidelik dat Jesus, God as mens is. Handeling 20:28 sê, “Almal in die kerk behoort aan God. Hy het baie duur vir elkeen betaal. Jesus se bloed is die prys.” Wie het die kerk met Sy eie bloed gekoop?

Thomas die dissipel het aan Jesus gesê, “My Here en My God!” (Johannes 20:28). Jesus het hom nie reggehelp nie. Titus 2:13 moedig ons aan om te wag vir die koms van ons God en Verlosser – Jesus Christus (sien ook 2 Petrus 1:1). In Hebreërs 1:8, verklaar die Vader omtrent Jesus, “Maar van sy Seun sê Hy, ‘U, o God, sal vir ewig en altyd heers. Soos ’n koning sal U vir altyd goed en reg regeer.’”

In Openbaring het ’n engel die Apostel Johannes beveel om net vir God te aanbid (Openbaring 19:10). Jesus is verskeie kere in die Skrif, vereer (Matteus 2:11; 14:33; 28:9,17; Lukas 24:52; Johannes 9:38). Hy het nooit mense berispe omdat in hulle in eerbied voor Hom neergeval het nie. As Jesus nie God was nie, sou Hy vir die mense gesê het om Hom nie te vereer nie, net soos die engel in Openbaring gedoen het. Daar is baie ander verse en gedeeltes in die Skrif wat Jesus se goddelikheid beskryf.

Die belangrikste rede hoekom Jesus, God moet wees, is omdat Sy dood nie voldoende betaling vir die wêreld se sondeskuld sou wees as Hy nie God was nie (1 Johannes 2:2). Slegs God kan so ’n oneindige groot skuld vereffen. Slegs God kan die wêreld se sonde op Hom neem (2 Korinthiërs 5:21), dood gaan en daarna uit die dood opstaan – dit bewys Sy oorwinning oor die sonde en dood.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Jesus, God? Het Jesus ooit gesê dat Hy God is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries