settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van God is?

Antwoord


Jesus is nie die Seun van God soos ons ‘n vader seun verband verstaan nie. God het nie getrou en toe ‘n seun gehad nie. God het ook nie deur ‘n man vrou verhouding met Maria vir Jesus in die wereld gebring nie. Jesus is God se Seun in die sin dat Hy God is wat as mens aan ons geopenbaar was (Johannes 1:1, 14). Jesus is God se seun, Maria het swanger geword deur die krag van die Heilige Gees (en nie deur mens). Lukas 1:35 sê, “Die engel het geantwoord: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal oor jou toevou. So die kind wat vir jou gebore word sal heilig wees, en Hy sal die Seun van God genoem word”.

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van God is? Hebreërs 1:3 stel dit baie duidelik, “Die Seun weerkaats God se heerlikheid en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is”.

Ons kan ook ‘n vergelyking gebruik om Jesus as Seun van God te beskryf. Ons weet dat Judas was die seun van Simon Iskariot (Johannes 6:71), maar Judas word in Johannes 17:12 beskryf as “die “die een van verderf” (meestal in ou Bybelse vertalings). Judas was mos nooit die seun van verderf nie maar dit beskryf vir ons sy identitiet en dit waarvoor hy geskape is. Op dieselfde manier is Jesus die Seun van God,

Gedurende Jesus se verhoor met die Joodse leiers, het die Hoë Priester Jesus gevra, “Ek eis nou van jou in die Naam van die lewende God dat jy vir ons moet sê of jy die Messias, die Seun van God, is” (Matteus 26:63). “Ja, dit is soos u sê”, het Jesus geantwoord. Ek verseker julle: Julle sal My, die Seun van die Mens, sien sit aan die regterhand van God, die Almagtige, en hoe Ek terugkom op die wolke van die hemel” (Matteus 26:64). The Joodse leiers het toe vir Jesus beskuldig van godslastering (Matteus 26:65-66). Later, toe Jesus voor Pontius Pilate was, “Die Jode het hom geantwoord: Ons beskik oor ‘n wet en daarvolgens moet hy sterf omdat hy homself as die Seun van God voorgehou het” (Johannes 19:7). Dit is ook belangrik om te verstaan hoekom het hierdie tot Jesus se doodsvonnis gelei het? Die rede is omdat die Joodse leiers verstaan het wat Jesus bedoel het met sy stelling “Seun van God” en dat dit Hom in dieselfde natuur as God plaas, dws om eintlik self God te wees. Die Joodse leiers kon nie anders as om dit as godslastering beskou nie en daarom moes hulle aandring op Jesus se doodsstraf. In ander woorde hulle moes volgens die wet teen Jesus opgetree het (Livitikus 24:15).

Ons vind nog ‘n voorbeeld in Johannes 17:12 waar baie van die ou Bybelse vertaling Judas beskryf was as die “die een vir verdoemenis of verderf”. Johannes 6:71 vertel ons dat Judas die Seun was van Simon (Iskariot). Die woord verderf beteken “verwoesting of afval”. Judas was nooit die seun van “verwoesting of afval” nie, maar hierdie is dinge wat sy identitiet beskryf het, Judas was die manivestering van verderf. Op dieselfde manier is Jesus die Seun van God. Die seun van God is God. Jesus is God gemanifesteer (Johannes 1:1, 14).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van God is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries