settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus ons Middelaar is?

Antwoord


‘n Voorspraak/bemiddelaar is een wat tussenbeide kom, dit is een wat optree as ‘n tussenpersoon wat werk met opponerende kante, om sodoende ‘n argument in orde te bring. ‘n Mediator poog om ‘n argument tussen twee partye te beïnvloed met die doel om die dispuut op te los. Daar is slegs een Voorspraak tussen die mensdom en God en dit is Jesus Christus. In hierdie artikel sal ons sien hoekom God ‘n dispuut met ons het en hoekom Jesus ons Mediator is en hoekom ons verdoem is, as ons probeer om onsself alleen voor God te verteenwoordig.

God het ‘n dispuut met ons as gevolg van die sonde. Sonde word in die Bybel beskryf as oortreding van die wet van God (1 Joh 3:4) en rebellie teenoor God (Deut 9:7; Jos 1:18). God haat sonde en sonde staan tussen ons en Hom. “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie” (Rom 3:10). Alle menslike wesens is sondaars as gevolg van sonde wat ons by Adam geërf het, sowel as die sonde wat ons daagliks doen. Die enigste regverdige straf vir sonde, is die dood (Rpm 6:23), nie slegs fisiese dood nie, maar ewige dood (Openbaring 20:11-15). Die wettige straf vir sonde is ‘n ewigheid in die hel.

Niks wat ons op ons eie doen, sou genoegsaam wees om tussen onsself en God te as bemiddeling te dien nie. Geen getal goeie werke of wetsonderhouding is genoeg om voor die heilige God te staan nie (Jes 64:6; Rom 3:20; Gal 2:16). Sonder ‘n Voorspraak, is ons bestemming in die hel vir ewig, want deur onsself is verlossing van ons sondes onmoontlik. Tog is daar hoop! “Daar is immers net een God en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5). Jesus verteenwoordig hulle wat hul geloof in Hom gestel het, voor God se troon van genade. Hy “tree vir ons in” soos ‘n prokureur sy kliënt verdedig, deur aan die regter te sê, “Edelagbare, my kliënt is onskuldig aan alle aanklagte teen hom.” Dit is ook vir ons waar. Eendag sal ons voor God staan, maar ons sal daar staan as ten volle vergewe, as gevolg van Jesus se dood in ons plek vir ons sondes. Die “Verdedigende Prokureur” dra die straf vir ons!

Ons sien meer bewys van hierdie vertroostende waarheid in Hebr 9:15, “Daarom is Hy ook die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang.” Dit is as gevolg van die groot Middelaar wat ons in staat is om voor God te staan, geklee in die regverdigheid van Christus Self. Aan die kruis het Jesus ons sonde omgeruil vir Sy regverdigheid (2 Kor 5:21). Sy bemiddeling is die enigste manier om verlos te word van sonde.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus ons Middelaar is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries