settings icon
share icon
Vraag

Was Jesus op Vrydag gekruising? Indien so, hoe kon Hy drie dae in die graf wees as Hy dan Sondag opgestaan het?

Antwoord


Die Bybel vertel ons nie met alle duidelikheid dat Jesus wel op Vrydag gekruisig was nie. Daar is twee basiese sienings aangaande hierdie aspek, die een dat Jesus op Vrydag gekruisig was en die ander dat Hy op Woensdag gekruisig was. Maar ander gebruik die sintese (samevatting) van beide hierdie Woensdag / Vrydag benaderings en argumenteer dan dat dit Donderdag was.

Kom ons kyk eerstens na wat Jesus sê in Matteus 12:40, “Net soos Jona vir drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees”. Die voorstaanders vir ‘n Vrydag kruising argumenteer dat Jesus se woorde in Matteus 12:40 nogtans geldig is omrede die algemene gebruik volgens Jode van daardie tyd was dat ‘n gedeelte van ‘n dag is gesien was as ‘n volle dag. Jesus was in die graf vir ‘n gedeelte van Vrydag, die hele Saterdag en ‘n gedeelte van Sondag en dus is dit drie dae. Vir hul belangrikste, “Vrydag kruising”, argument gebruik hulle Markus 15:42 wat sê, “die dag voor die Sabbat”. Indien dit die gewone weeklikse Sabbat was, dit is Saterdag, dan moet dit mos ‘n Vrydag kruising gewees het. Nog argumente vir ‘n Vrydag kruisiging word gevind in Matteus 16:21 en Lukas 9:22 waar Jesus sê dat Hy op die derde dag sal opstaan en daarom hoef dit nie ‘n volle drie dae drie nagte gewees het nie. Party vertalings gebruik “op die derde dag” in hierdie verse, maar nie alle vertalings stel dit so nie. Daar is vertalers wat meen dat “op die derde dag” nie die beste is om hierdie verse te vertaal nie. In elk geval sê Markus 8:31, “na” drie dae.

Die Donderdag kruising voorstanders sê daar het net te veel dinge plaasgevind tussen Jesus se begrafnis en die Sondag oggend wat ‘n Vrydag kruising dus nie moontlik maak nie. Hulle verwys dan na die feit dat die enigste volle dag die Saterdag was en dit dan ook die Joodse Sabbat was wat geen werk op daardie dag impliseer. Hulle argumenteer: indien jy nie ‘n vriend sederd Maandag gedien het nie en jy sien hom dan eers die Donderdag dan sal jy sê, “ek het jou drie dae laas gesien”. Wat nie tegnies korrek is nie omrede dit slegs 60 ure of 2.5 dae was. Indien Jesus op Donderdag gekruisig was word die probleem opgelos.

Die Woensdag voorstaanders meen egter dat daar twee Sabbat dae was daardie week. Na die eerste een (die een wat gebeur het op die aand van die kruisiging , het die vroue aromatiese olies gekoop – hulle sê daar moet kennis geneem word dat hierdie aankoop, na die Sabbat gedoen was (Markus 16:1). Ook sê hulle, hierdie Woensdag Sabbat was eintlik die Joodse Paasfees, Livitikus 16:29-31; 23:24-32, 39 – sekere belangrike heilige dae was nie altyd op die sewende dag, of dan wel Saterdag nie. Die twede Sabbat was wel die normale “Saterdag” Sabbat. In Lukas 23:56 vertel dit ons dat die vroue die aromaties olies na die eerste Sabbat gekoop het en toe dit voorberei het nadat hulle toe gerus het (op die Sabbat). Hulle argumenteer daar moes twee Sabbat dae tydens hierdie spesifieke week gewees het, vir hierdie vers om korrek te wees.

Die Woensdag standpunt sê ‘n Donderdag kruisiging is verkeerd want as Jesus op Donderdag gekruisig (soos die Donderdag menings beweer) was, dan het die Paasfees, Donderdag begin teen sons-ondergang tot sons-ondergang die volgende dag (Vrydag) wat dan ook die begin was van die normale Sabbat (Saterdag). Die aankoop van die aromatiese olies was na die eerste Sabbat, en sou dus beteken het dat dit op Saterdag gekoop was en dus sou die vroue die Sabbat breek (wat nie kon nie gebeur het nie).

Dus, volgens die Woensdag kruisiging standpunt, is hulle die enigste verduideliking wat nie die Bybelse rekenskap verbreek oor die aankoop van die aromatiese olies. Hulle sê ook dat hulle die enigste mening is wat ‘n letterlike opneming van Matteus 12:40 verduidelik (drie dae en drie nagte). Die Sabbat was die Donderdag wat dan ook die Paasfees was, die vroue het die aromatiese olies Vrydag gekoop, dit voorberei en toe op die Saterdag gerus en dit vroeg Sondag na die graf gebring. Jesus was begrawe met sonsondergang Woensdag, wat die begin van die Joodse Paasfees / Sabbat was volgens die Joodse kalender. Hulle tel dan, Donderdag (dag een), Donderdag-aand (nag een), Vrydag (dag twee), Vrydag-aand (nag twee), Saterdag (dag drie) en Saterdag-aand (nag drie). Ons weet nie presies wanneer Jesus opgestaan het nie maar ons weet dit was met sons-opkoms Sondag (John 20:1, “Maria Magdalena was daar “toe dit nog donker was”), so Jesus kon enige tyd na sons ondergang Saterdag opgestaan het, die begin van die Joodse week.

‘n Moontlike probleem vir die Woensdag voorstaanders is dat die Bybel ons vertel, Jesus het saam met Sy disipels geloop (op pad na Emmaus) dieselfde dag as Sy opstanding (Lukas 24:13). Hulle sê toe vir Jesus, wat hulle op daardie stadium nie herken het nie (Lukas 24:16), “Ons het bly hoop dat dit Hy is wat Israel gaan verlos. Maar dit is nou al die derde dag vandat al hierdie dinge gebeur het” (Lukas 24:21). Maar dit kon gewees het dat die disipels getel het van Woensdag aand af, die begin van die Joodse Donderdag, en Donderdag na Sondag kan as drie dae getel word.

Hoe dit ookal sy, is dit retig so belangrik om te bepaal op watter dag Jesus gekruisig was? Indien dit van uiterste belang sou wees, sou God dit mos spesifiek in die Bybel gestel het. Wat wel belangrik is, is dat Jesus gesterf het en opgestaan het uit die dode. Hierdie was fisies en baie het Hom gesien. Net so belangrik is waarvoor Jesus gesterf het, en dit was om ons sondes weg te neem. Johannes 3:16 en 3:36 sê ons vertroue moet in Jesus wees wat sal lei tot ‘n ewige lewe. Hierdie feit bly ongeag of Jesus op Woensdag, Donderdag of Vrydag gekruisig was.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Jesus op Vrydag gekruising? Indien so, hoe kon Hy drie dae in die graf wees as Hy dan Sondag opgestaan het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries