Vraag
Beskryf die Bybel dat Jesus aanbid word?
Antwoord
Aanbidding beteken “eerbied betoon aan ‘n goddelike wese.” Indien aan Jesus aanbidding betoon was en Hy dit aanvaar het, het Hy deur dit te doen, Sy goddelikheid bevestig.. Dit is belangrik, aangesien daar diegene is wat die godheid van Christus verwerp het, deur Hom in ‘n laer posisie te plaas as God. Ja, Jesus het aanbidding aanvaar. As die tweede Persoon van die Drie-eenheid, was Hy en word Hy steeds aanbid.
Van die begin van Jesus se lewe, sien ons voorbeelde van Hom, wat aanbid word. So gou soos die sterrekykers die Christuskindjie gesien het, het hulle “gekniel en aan Hom hulde bewys” (Matt 2:11). Die Bybel vertel van die eerste reaksie wat Jesus ontvang het, toe Hy Sy triomfantelike intog in Jerusalem gemaak het: “Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” (Matt 21:9; Joh 12:13). Die woord “hosanna” is ‘n smeking vir verlossing en ‘n uitdrukking van bewondering. Hierdie woord wat die skare gebruik het is definitief ‘n vorm van aanbidding,
Net nadat Jesus die dissipels verwonderd gelaat het deur op die water te loop, het “die manne in die skuit…….voor Jesus gekniel en gesê: ‘U is waarlik die Seun van God’” (Matt 14:33). Twee ander onvergeetlike voorbeelde van Jesus wat aanbid was, het plaasgevind net na Sy opstanding. Sommige van die vroue (Matt 28:8-9; Markus 16:1; Luk 24:10) was op pad om vir die dissipels te vertel van die opstanding, toe Jesus hulle op hul pad daarheen ontmoet het. Toe hulle besef het dat dit Hy was, het hulle “nader gekom, Sy voete gegryp en Hom aanbid” (Matt 28:9).
Dan is daar Tomas wat nie geglo het dat Jesus uit die dood opgestaan het nie, ten spyte van die ander dissipels se getuienis ten opsigte daarvan. Dit was ongeveer ‘n week sedert die opstanding en Tomas het steeds getwyfel. Jesus het geweet dat Tomas twyfel en het aan hom verskyn en hom die spykermerke in Sy hande en voete gewys en die wond in Sy sy. Hoe het Tomas gereageer? Tomas het aan Hom gesê, “My Here en my God!” (Joh 20:28). In geen een van hierdie gevalle sien ons dat Jesus die mense aansê om op te hou om Hom te aanbid nie, soos meer mense en selfs engele, wat verkeerdelik deur ander aanbid was (Hand 10:25-26; Openbaring 19:9-10).
Ons gaan vandag nog steeds voort om aan Jesus aanbidding te bring, deur onsself aan Hom as lewende offerandes te bring, wat vir Hom aanneemlik is, deur geloof in Jesus Christus (Rom 12:1-2). Jesus het gesê, “God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet deur die Gees en in waarheid aanbid” (Joh 4:24). Ons aanbid God in Gees en waarheid deur Sy gebooie te gehoorsaam. Aanbidding is nie slegs om voor Jesus te kniel nie, deur palmtakke voor Sy voete te gooi nie, of te sing en te skree oor ons liefde vir Hom nie. Aanbidding is om te weet Wie Hy is, met Hom te kommunikeer, Hom te dien en op Hom te vertrou.
English
Beskryf die Bybel dat Jesus aanbid word?