Vraag
Hoe is Jesus anders as ander godsdienstige leiers?
Antwoord
In ‘n sekere sin, om hierdie vraag te vra, is dieselfde as om te vra hoe die son verskil van ander sterre in ons sonnestelsel – kyk so daarna: daar is geen ander sterre in ons sonnestelsel is nie!
Die punt is dat daar geen ander “godsdienstige leier” met Jesus Christus vergelyk kan word nie. Enige ander godsdienstige leier is óf lewendig óf dood. Jesus Christus is die enigste een wat dood was (Hy het in ons plek gesterf, vir ons sondes, volgens 1 Kor 15:1-8) en is nou lewendig. Inderdaad, Hy verkondig in Openbaring 1:17-18 dat Hy “lewe tot in alle ewigheid”! Geen ander godsdienstige leier maak so ‘n verklaring nie, ‘n verklaring wat óf waar is of uiters verregaande.
‘n Ander belangrike verskil word gevind in die natuur van die Christendom. Die essensie van Christenskap is Christus. Gekruisig, opgewek, opgeneem in die hemel, kom weer terug eendag. Sonder Hom – en sonder Sy opstanding – is daar geen Christendom nie. Vergelyk dit met ander groter godsdienste. Hindoeisme kan byvoorbeeld staan of val, heeltemal los van enige van die “groot Swamis” wat dit gestig het. Boedhisme is dieselfde. Selfs Islam is gebaseer op die gesegdes en leringe van Mohammed, nie op die verklaring dat hy weer terugkom uit die dood na die lewe toe nie.
Die apostel Paulus sê in 1 Kor 15:13-19 dat, as Christus nie uit die dood opgestaan het nie, dan is ons geloof leeg en is ons steeds verval in ons sonde! Die ware aansprake van die Christendom is gebaseer eenvoudig en uitsluitlik op die opgestane Jesus Christus! As Jesus nie uit die dood teruggekom het nie – in tyd en ruimte – is daar dan geen waarheid ten opsigte van die Christendom nie. Regdeur die Nuwe Testament, baseer die apostels en evangeliste die waarheid op die Evangelie, gebaseer op die Opstanding.
Wat nog ‘n belangrike punt is die uiters belangrike feit dat Jesus Christus verklaar het dat Hy die “Seun van God” is (‘n Hebreeuse betekenis “characterized by God”) so ook die “Seun van die Mens” (‘n Hebreeuse betekenis “characterized by Man”). In baie gedeeltes verklaar Hy gelykheid met die Vader (kyk na Joh 10:29-33). Aan Hom word toegeskryf al die voorregte en eienskappe van die Godheid. Tog was Hy ook ‘n mens, gebore uit ‘n maagd (Matt 1:18-25; Luk 1:26-56). Omdat Hy sonder sonde was, is Hy gekruisig om sodoende te betaal vir die sondes van alle mense: “Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld” (1 Joh 2:2) en toe was Hy opgewek uit die dood, drie dae later. Hy is volledig God en volledig Mens, die “theanthropos” (vanuit Grieks vir “God” (theos) en “Mens” (anthropos); tog is Hy een persoon.
Die Persoon en Werk van Christus lewer ‘n onvermydelike vraag op: Wat sal jy met Jesus doen? Ons kan Hom nie net eenvoudig wegwys nie. Ons kan Hom nie ignoreer nie. Hy is die sentrale figuur in die mens se hele geskiedenis en as Hy gesterf het vir die sondes van die hele wêreld, dan het Hy vir joune ook gesterf. Die apostel Petrus vertel in Hand 4:12, “Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee, waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” As ons glo in die Here Jesus Christus as ons Verlosser van sonde, sal ons gered word.
English
Hoe is Jesus anders as ander godsdienstige leiers?