Vraag
Het Jesus wel bestaan? Is daar historiese bewyse van Jesus se lewe?
Antwoord
Hierdie vraag word gewoonlik gevra deur nie-gelowiges wat bewyse “buite” die Bybel soek om sodoende die werklikheid van Jesus se lewe te bewys (of te betwis). Met hierdie stelling beteken dit geensins dat ons nie die Bybel kan gebruik om Jesus se bestaan te bevestig nie, in teendeel daar is net te veel bewyse in die Nuwe Testament wat Jesus se lewe staaf.
Daar is ook mense wat die skrywe van die Nuwe Testament terug dateer lank na die “afsterwe” van Jesus wat dus daarop sinspeel dat die informasie (van Jesus se lewe) nie as betroubaar geag kan word nie. Hulle argumenteer dat die Bybel geskryf is in die volgende eeu en selfs 100 jaar na Christus (wat ons baie sterk betwis) is in elk geval foutief aangesien enige skrywe tot en met 200 jaar na die gebeurtenis as betroubaar gereken word. Die oorgrote meerderheid van kenners (Christen sowel as nie-Christene) aanvaar dat die boeke van Paulus (of dan wel, sommige van Paulus se boeke) wel deur hom geskryf is tydens die middel van die eerste eeu of minder as 40 jaar na die heropstanding van Jesus. In terme van manuskrip erkenning is hierdie besondere sterk bewyse vir die bestaan van Jesus.
Ons moet ook in ag neem dat 70 jaar na Christus het die Romeine, Jerusalem binnegeval en die stad heeltamal verwoes, dit was ‘n slagting van mense, die afbreek van huise en geboue is tot op die grond afgebrand. Hierdie vernietiging het daartoe gelei dat baie van die historiese bewyse tot niet gegaan het. Baie van Jesus se volgelinge was ook doodgemaak wat dus persoonlike getuienis vir Jesus se lewe tot ‘n mate beperk.
Alhoewel Jesus se leering of liewers, sy bediening, in ‘n klein onbelangrike gedeelte van die Romeinse Ryk afgespeel het, is daar aansienlike informasie oor Jesus se lewe wat in eeu-oue historiese geskrifte aangeteken was d.w.s. “buite” die Bybel. Onderstaande word van die meer belangrike histories bewyse vir die bestaan van Jesus se lewe saamgevat.
‘n Eerste eeuse Romein, Tacitus, wat as een van die mees akkuraatste “outydse wereld” geskiedkundiges gereken word, skryf oor bygelowige “Christene” wat gelei het onder Pontius Pilate tydens die heerskappy van Tiberius.
Suetonius, hoof sekretaris van die Keiser Hadrian, skryf dat daar ‘n man was met die naam van Chrestus (of Christus) was wat tydens die eerste eeu gelewe het (Annals 15:44).
Flavius Josephus, ‘n hoogs gesiene Joodse geskiedkundige verwys in sy Antiquities geskrifte na Jakobus, “die broer van Jesus, wat Christus genoem was”. Dan is daar ook sy baie teenstrydige vers (18:3) wat sê, “Nou in daardie tyd was daar Jesus, ‘n wyse man, as dit wettig is om hom ‘n man te noem. Hy was die een wat verbasende dade gedoen het” .... “hy was (die) Christus” .... “hy het op die derde dag weer lewendig aan hulle verskyn net soos die goddelike profete hierdie en tien duisend ander wonderlike dinge oor hom voorspel het”. Een van sy vertalings stel dit as “in hierdie tyd was daar ‘n wyse man genaamd Jesus. Sy optrede was goed en (hy) was gesien as rein (vlekloos). Baie Jode en ander nasies het sy dissipels geword. Pilate het hom veroordeel om gekruisig te word tot die dood toe. Maar die wat sy dissipels geword het, het hom nie verlaat nie. Hulle het getuig dat hy weer lewendig aan hulle verskyn het drie dae na sy kruisiging; volgens hulle was hy die Messias, net soos die profete wat sy wonderwerke voorspel het, hom beskryf het”.
Julius Africanus haal die geskiedkundige, Thallus, aan in sy bespreking oor die donkerte wat gevolg het na die kruisiging van Christus (Extant Writtings, 18).
Pliny die Younger, in Briewe 10:96, skryf oor Christen aanbidding waar hulle (dis nou, die Christene) na Jesus verwys as God en dat hulle hoe̎ morele waardes gehad het wat die feesmaal asook nagmaal ingesluit het.
Die Babilonie̎r Talmud (Sanhedrin 43a) bevestig Jesus se kruisiging op die vooraand van die Joodse paasfees, hy noem ook die aantuigings teen Jesus van heksery en Jesus se aandrang vir die opsegging van ou Joodse geloofswyse.
Lucian van Samosata was ‘n tweede eeuse Griekse skrywer wat getuig dat Jesus aanbid is deur Christene en dat hulle (Christene) ‘n nuwe godsdienslyding ingestel het, hy verwys ook na Jesus se kruisiging. Hy sê dat Jesus se leerwyse die gemeenskap van gelowiges insluit, die erns van bekering en die verwerping van alle ander gode. Hy gaan verder en vertel dat Christene volgens die wette van Jesus gelewe het en dat hulle geglo het in ‘n ewige lewe. Hulle, hierdie Christene, kan ook gekenmerk word deur hul minagting vir die dood, hulle vrywillige toegewydheid aan hierdie geloof asook die verwerping van materialisme.
Mara Bar-Serapion bevestig dat Jesus gesien was as ‘n wyse en ‘n rein man, dat hy (Jesus) ook gesien was as die koning van Israel, dat hy doodgemaak is deur die Jode en dat hy aanhou lewe (deur die leering van sy volgers).
Dan het ons ook al die Gnostiese skrywe (The Gospel of Truth, The Apocryphon of John, The Gospel of Thomas, The Treatise on Resurrection, ens) wat almal na Jesus in hul geskrifte verwys.
Eintlik is dit moontlik om die hele evangelie saamtevat deur net gebruik te maak van nie-gelowige bronne, “buite” die Bybel: Jesus was Christus genoem (Josephus), het wonderwerke gedoen, het Israel na nuwe leeringe gelei, was gekruisig voor die Joodse paasfees (Babilonie̎r Talmud) in Judea (Tacitus), en wie gese het, Hy is God en sal terugkeer (Eliezar), wat sy volgelinge glo en hom aanbid as God (Pliny the Younger).
Daar is oorweldigende bewyse vir die bestaan van Jesus, beide in sekulere (eeu-oue) en Bybelse geskiedenis. Miskien is die grootste bewys dat Jesus wel gelewe het, die feit dat letterlik duisende Christene tydens die eerste eeu, insluitende die Apostels, gewillig was om hul lewe op te offer vir Jesus. Mense sal slegs bereid wees om te sterf vir iets waarin hulle onvoorwaardelik glo. Hoekom sou al hierdie mense bereid gewees het om te sterf indien dit ‘n leuen was?
English
Het Jesus wel bestaan? Is daar historiese bewyse van Jesus se lewe?