settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is Jesus gedoop? Hoekom was Sy doop belangrik?

Antwoord


Met die eerste oogopslag wil dit voorkom of Jesus se doop geen doel het nie. Johannes se doop was die bekeringsdoop (Matt 3:11), maar Jesus was sondeloos en het geen bekering nodig gehad nie. Selfs Johannes was ontnugter toe Jesus na hom gekom het en het sy eie sonde erken en was hy daarvan bewus dat hy ‘n sondige mens was, en nodig gehad het om homself te bekeer en nie geskik was om die vleklose Lam van God te doop nie: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?” (Matt 3:14). Jesus het geantwoord dat dit so gedoen moet word, omdat “op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen” (Matt 3:15).

Daar is verskeie redes waarom dit geskik was vir Johannes om vir Jesus te doop aan die begin van Jesus se publieke bediening. Jesus was op die punt om Sy groot werk te begin en dit was van pas dat Hy deur die publiek erken sou word as voorloper. Johannes was die een wat geroep het in die woestyn (Jes 40:3), geprofeteer deur Jesaja, deur mense te roep tot bekering in voorbereiding vir hul Messias. Deur Hom te doop, het Johannes aan almal verklaar dat dit die Een was waarop almal gewag het, die Seun van God, die Een wat hy voorspel het wat sou doop “met die Heilige Gees en met vuur” (Matt 3:11).

Jesus se doop deur Johannes neem ‘n bykomende dimensie aan as ons in ag neem dat Johannes uit die stam van Levi was en ‘n direkte afstammeling van Aäron. Lukas spesifiseer dat beide Johannes se ouers van die priesterlike geslag van Aäron was (Luk 1:5). Een van die pligte van die Ou Testamentiese priesters was om die offerandes voor die Here te lê. Johannes die Doper se doping van Jesus kon gesien word as ‘n priesterlike aanbieding van die Hoogste Offerande. Johannes se woorde die dag na die doop het ‘n besliste priesterlike vertoon: “Dáár is die Lam van God!” (Joh 1:29).

Jesus se doop het ook gewys dat Hy met sondaars geïdentifiseer het. Sy doop het die sondaars se doping in die regverdigheid van Christus gesimboliseer, deur met Hom te sterf en sonder sonde, vry op te staan en by magte te wees om in nuutmaking van die lewe te stap. Sy volmaakte regverdigheid sou al die vereistes van die wet vir sondaars vervul, hulle wat nooit kon hoop om dit op hul eie te kon doen nie. Toe Johannes geaarsel het om die sondelose Seun van God te doop, het Jesus geantwoord “want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen” (Matt 3:15). Hiermee het Hy verwys na die regverdigheid wat Hy gee aan almal wat na Hom toe kom, om hul sonde te verruil vir Sy regverdigheid (2 Kor 5:21).

Jesus se koms na Johannes het getoon dat Hy goedkeuring gegee het dat Johannes Hom kon doop, getuienis daarvan was dat dit vanuit die hemel was en deur God goedgekeur was. Dit sou belangrik wees in die toekoms as ander sou begin twyfel aan Johannes se outoriteit, veral na sy arrestasie deur Herodus (Matt 14:3-11).

Miskien die belangrikste, is dat die gebeurtenis van die publieke doop die weergawe was vir alle toekomstige generasies in verband met die beliggaming van die drie-enige God, geopenbaar vanuit die hemel. Die getuienis direk vanaf die hemel dat die Vader vreugde gevind het in Sy Seun en die neerdaling van die Heilige Gees op Jesus (Matt 3:16-17) is ‘n kosbare beeld van die trinitariese (drie-eenheid) natuur van God. Dit spreek ook van die werk van die Vader, Seun en die Gees in die verlossing van hulle wat na Jesus toe kom vir redding. Die Vader het die uitverkorene van voor die grondlegging van die wêreld af lief (Ef 1:4); Hy stuur Sy Seun om te soek en te red wat verlore is (Luk 19:10); en die Gees oortuig ons van sonde (Joh 16:8) en trek die gelowige na die Vader deur die Seun. Al die heerlikheid van die waarheid, van die genade van God deur Jesus Christus word vertoon met Sy doopgebeurtenis deur Johannes.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is Jesus gedoop? Hoekom was Sy doop belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries