settings icon
share icon
Vraag

As die straf vir ons sondes die ewigheid in die hel is, hoe het Jesus vir ons betaal as Hy nie vir ewig in die hel is nie?

Antwoord


As ons aan Jesus dink as sonder meer ‘n mens, dan is dit natuurlik om hierdie vraag te vra. Maar die rede waarom Jesus nie die ewigheid in die hel hoef te bly nie, is omdat Hy nie sonder meer ‘n mens is nie, maar die God-mens. Die tweede Persoon van die Godheid het vlees geword en tussen mense kom leef in die vorm van ‘n mens. Maar Hy was ‘n mens, soos geen ander nie, omdat Sy natuur soos God s’n was – heilig, volmaak en oneindig.

Sekere gedeeltes getuig hiervan, soos die openingsgedeelte in die evangelie van Johannes:

“In die begin was die Woord daar en die Woord was by God en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid” (Joh 1:1-3, 14).

Hierdie gedeelte gee duidelike getuienis dat die ewige Woord, wat saam met God ewig is en van dieselfde wese as God is, het menslike vlees geword en Sy woonplek (“pitched His tent”/”tabernacled”) tussen ons kom maak. Soos die apostel Paulus sê, “In Hom is die volle wese van God beliggaam” (Kol 2:9).

Met dit in gedagte, kan ons ons opnuut na die vraag kyk. Dit is sekerlik waar dat die straf vir ons sondes ‘n ewigheid in die hel is. Die Bybel sê dat almal gesondig het (Rom 3:23) en dat die loon van die sonde die dood is (Rom 6:23). Die boek Openbaring sê dat hulle wie se name nie in die boek van die Lam van die Lewe geskryf is nie, word in “die poel van vuur en swael gegooi,” waar hulle gepynig sal word “tot in alle ewigheid” (Openbaring 20:10,15). Maar hoe kan Jesus se sterwe vir die sondes van elkeen wat ooit gelewe het, versoening bring? Dit is waar die bespreking van Jesus wat die God-mens is, inkom. As Jesus net ‘n mens was (met sonde van Sy eie), dan sou Sy dood nie eens vir Sy eie sonde versoening gebring het nie, wat nog van die sondes van ander! Maar Jesus is nie net ‘n gewone mens nie; Hy is God in menslike vlees. Soos ‘n mens, kan Hy identifiseer met hulle vir wie Hy Homself as offer gegee het. As ‘n volmaakte, sondelose mens, kan Hy versoening bring vir die sondes van die mensdom, sonder om eers vir Sy eie sonde te versoen. As God, kan Hy dan uiteindelik die vloek van God wat die gevolg van ons sondes is, tevrede stel.

Sonde teen ‘n oneindige, ewige God moet betaal word, ewiglik. Dit is waarom die betaling vir ons sondes oneindig moet wees. Daar is slegs twee opsies vir oneindige betaling: ‘n Eindige wese (mens) moet betaal vir sy sonde vir ‘n oneindige tydsduur of ‘n oneindige Wese (Jesus) moet betaal daarvoor, eens en vir altyd, vir ewig. Daar is geen ander opsies nie. ‘n Sonde teen ‘n oneindige heilige God vereis ‘n gelyke oneindige bevredigende betaling en selfs ‘n ewigheid in die hel sal nie God se oneindige, regverdige vloek teen sonde verdryf nie. Slegs ‘n goddelike Wese kon die oneindige vloek van ‘n heilige God teen ons sonde verdryf. Dit vereis ‘n gelyke oneindige Wese as plaasvervanger vir die mensdom om God se vloek te bevredig. Jesus as die God-mens, is die enigste moontlike Verlosser.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

As die straf vir ons sondes die ewigheid in die hel is, hoe het Jesus vir ons betaal as Hy nie vir ewig in die hel is nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries