settings icon
share icon
Vraag

Wanneer het Jesus geweet dat Hy God was?

Antwoord


Jesus was altyd God. Van ewigheid af was Hy die tweede Persoon van die Drie-eenheid en Hy sal dit altyd wees. Die vraag wanneer, na die inkarnasie, die mens Jesus geweet het dat Hy God was, is interessant, maar dit word nie in die Skrif aangespreek nie. Ons weet dat, as ‘n volwassene, het Jesus ten volle besef Wie Hy was, deur dit op hierdie wyse uit te druk: “Dit verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is” (Joh 8:58). En toe Hy gebid het, “Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het, voordat die wêreld bestaan het” (Joh 17:5).

Dit wil ook voorkom dat, as kind, Jesus alreeds bewus was van Sy natuur en werk. Toe Jesus twaalf jaar oud was, het Josef en Maria die familie Jerusalem toe geneem. Op hul pad huistoe, was hulle begaan oor Jesus wat hulle gemis het by die reisgeselskap. Hulle het na Jerusalem teruggekeer en Hom in die tempel gevind, tussen die geleerdes, waar Hy na hulle geluister en vrae gevra het (Luk 2:46). Sy ma het gevra waarom Hy net verdwyn het en hulle bekommerd gelaat het. Jesus het op Sy beurt gevra, “Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?” (Vers 49). Josef en Maria het nie Jesus se woorde verstaan nie (vers 50). Wat ookal die mense rondom Hom nie begryp het nie, lyk dit asof Jesus, op ‘n baie jong ouderdom geweet het dat Hy die Seun van God was en dat die Vader vooraf al die werk wat Hy moes doen, bepaal het.

Na die insident in die tempel, sê Lukas, “En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem” (Luk 2:52). Tot op hierdie punt in Jesus se menslike ondervinding het Hy alles geweet, Hy sou nie nodig hê om “verstandelik te groei” nie. Ons plaas klem daarop dat dit Jesus se “menslike” belewenis was. Jesus het nooit opgehou om God te wees nie, maar in sommige gevalle het Hy Sy godheid verberg, in gevolge Sy Vader se wil. Dus het die Seun Homself onderwerp aan fisiese, intellektuele, sosiale en geestelike groei. Die Seun van God het Homself gewilliglik in die posisie geplaas om gelykgestel te word aan die kennis, as ‘n mens.

Wanneer het Jesus geweet dat Hy God was? Vanuit die hemelse perspektief, het die Seun van ewigheid af geweet Wie Hy was en wat Sy aardse werk behels het. Vanuit die aardse perspektief het Jesus met die inkarnasie tot die besef gekom, op ‘n sekere, vroeë stadium in Sy lewe. Wanneer daardie presiese tyd was, weet ons nie vir seker nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer het Jesus geweet dat Hy God was?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries