settings icon
share icon
Vraag

Is Jesus 'n mite? Is Jesus net 'n namaaksel van die heidense gode of ander antieke godsdienste?

Antwoord


Daar is 'n groot aantal mense wat beweer dat die geskrifte van Jesus in die Nuwe Testament niks anders is as gewone mites, oorgeneem vanuit heidense bronne, soos stories van Osiris, Dionysus, Adonis, Attis en Mithras. Die bewering is dat hierdie mites hoofsaaklik dieselfde storie as die Nuwe Testamentiese vertelling van Jesus Christus van Nasaret is. Soos Dan Brown beweer in "The Da Vinci Code", "Niks in die Christendom is oorspronklik nie."

Om die waarheid te ontdek aangaande die beskouing dat die Evangelieskrywers vanaf die mitologie geleen het, is dit belangrik (1) om die geskiedenis agter die aannames te ondersoek (2) ondersoek die werklike afbeeldinge van die valse gode wat met Christus vergelyk word (3) lig enige logiese ooreenkomste wat gemaak is, uit en (4) kyk waarom die Nuwe Testament geloofwaardige beskrywings is van die ware en historiese Jesus Christus.

Die beskouing dat Jesus 'n mite of 'n oordrywing was, het in die geskrifte van liberale Duitse teoloë in die negentiende eeu ontstaan. Hulle het hoofsaaklik gesê, dat Jesus niks meer was as 'n namaaksel van die populêre val-en-opstaan vrugbaarheidsgode in verskeie plekke nie – Tammuz in Mesopotamië, Adonis in Sirië, Attis in Klein-Asië en Horus in Egipte. Van belang is die feit, dat geen van die boeke wat hierdie teorieë bevat, ernstig opgeneem is deur die akademici van vandag nie. Die aanname dat Jesus 'n herwonne Tammuz was byvoorbeeld, is deur kontemporêre student ondersoek en heeltemal ongegrond gevind. Dit was net onlangs dat hierdie bespiegelings herleef het, hoofsaaklik toe te skryf aan die ontstaan van die Internet en die massa bydraende inligting vanaf ontelbare bronne.

Dit lei ons na die volgende area van ondersoek – weerspieël die mitologiese antieke gode werklik die persoon van Jesus Christus? Byvoorbeeld, die "Zeitgeist"- film maak hierdie bewerings aangaande die Egiptiese god, Horus:
Hy is gebore op 25 Desember uit 'n maagd: Isis Mary
'n Ster in die Ooste het sy aankoms aangekondig
Drie konings het gekom om die " baba-verlosser" te vereer
Hy het as twaalfjarige 'n wonderkind-leraar geraak
Op die ouderdom van 30 is hy "gedoop" en het 'n "bediening' begin
Horus is verraai
Hy is gekruisig
Hy was vir drie dae begrawe
Hy het na drie dae opgestaan

Tog, toe die eintlike geskrifte aangaande Horus op gepaste wyse ondersoek is, is die volgende gevind:

Horus is gebore uit Isis, maar volgens historiese bronne is daar geen verwysing na die naam "Mary" nie. Meer nog, "Mary" is ons Verengelsing van haar regte naam, Miriam of Miryam. "Mary" is nie eers in die oorspronklike Skrifgedeeltes gebruik nie.

Isis was nie 'n maagd nie; sy was die weduwee van Osiris en is deur hom swanger gemaak.

Horus is gedurende die maand Khoiak (Okt/Nov) gebore, nie 25 Desember nie. Verderaan is daar geen melding in die Bybel oor Christus se presiese geboortedatum nie.

Daar is geen bewyse dat drie konings Horus tydens sy geboorte besoek het nie. Die Bybel noem ook nooit die spesifieke getal van wysemanne wat Christus kom sien het nie.

Horus is nie 'n "verlosser" op enige wyse nie en hy het vir niemand gesterf nie.

Daar is geen verslae dat Horus op twaalf jaar onderrig gegee het nie.

Horus is nie "gedoop" nie. Die enigste waterstorie is dat hy in stukke geskeur is en Isis die krokodilgod versoek het om hom uit die water te trek.

Horus het nie 'n "bediening" gehad nie.

Horus het nie twaalf dissipels gehad nie. Na aanleiding van die Horus-verslae, het hy vier halfgode wat hom gevolg het en daar is sekere aanduidings van 16 menslike volgelinge en 'n onbekende aantal grofsmede, wat in geveg met hom gegaan het.

Daar is geen aanduiding dat Horus deur 'n vriend verraai is nie.

Horus is nie gekruisig nie. Daar is verskeie verslae oor sy dood,maar geen kruisiging nie.

Daar is geen bewyse dat Horus vir drie dae begrawe was nie.

Horus het nie uit die dood opgestaan nie. Daar is geen bewyse dat hy met die liggaam waarmee hy in die graf gegaan het, weer uitgekom het nie. Sommige bewerings lei dat Horus/Osiris deur Isis lewendig gemaak is en toe die god van die doderyk geword het.

Indien dit parallel vergelyk word, het Jesus en Horus bitter min , indien enige, ooreenkoms met mekaar.

Jesus is ook met Mithras vergelyk, deur hulle wat verkondig dat Jesus 'n mite is. Al die bogenoemde beskrywings van Horus, word ook aan Mithras gekoppel (uit 'n maagd gebore, is gekruisig, na drie dae opgestaan, ens.) Wat sê die Mithras mite nou eintlik?

Hy is gebore uit 'n soliede rots, nie uit 'n vrou nie.

Hy het eers met die son geveg en toe met 'n oeroue-bul, wat gesien is as die eerste handeling van die skepping. Mithras het die bul doodgemaak, wat toe die grond van lewe vir die menslike ras geword het.

Sy geboorte is op 25 Desember gevier, saam met die winter sonstilstand.

Daar word nêrens genoem dat hy 'n groot leermeester was nie.

Ook nie dat hy 12 dissipels gehad het nie. Hierdie idee mag dalk kom vanaf 'n muurskildery, waar Mithras deur die 12 tekens van die diereriem (sodiak) omring was.

Mithras het geen liggaamlike opstanding gehad nie. Toe hy sy aardse sending voltooi het, is hy lewendig en gesond na die prardys geneem, in 'n strydwa. Tertullian, die vroeë Christelike skrywer het oor die Mithras-kultus se aanbieding van die opstandingstonele geskryf, maar dit het lank na die Nuwe Testamentiese tye plaasgevind, dus indien enige namaaksel plaasgevind het, was dit die Mithraïsme wat eerder die Christendom nageboots het.

Meer voorbeelde kan van Krishna, Attis, Dionysus en ander mitologiese gode gegee word, maar die resultaat is dieselfde. Teen die einde is die historiese Jesus, soos in die Bybel uitgebeeld, uniek. Die beweerde ooreenkomste aangaande die storie van Jesus teenoor die heidense mites word baie oordoen. Verderaan, aangaande die stories oor Horus, Mithras en verhale oor die vorige jare se Christendom, is daar baie min historiese geskrifte van die "pre-Christelike" gelowe van daardie godsdienste. Die grootste meerderheid van die vroeë geskrifte van hierdie godsdienste dateer van die derde en vierde eeue A. D. Om aan te neem dat die pre-Christelike gelowe van hierdie godsdienste (waarvan daar geen rekord is nie) identies is aan hul post-Christelike gelowe, is naïef. Dit is meer logies om enige bydraende ooreenkomste tussen hierdie godsdienste en die Christendom teenoor die godsdienstig-nagemaakte Christelike lering aangaande Jesus, daar te stel.

Dit neem ons na die volgende gedeelte om te ondersoek: die logiese wanopvattings deur diegene wat meen dat die Christendom geleen is by heidense misterieuse godsdienste. Ons kyk na 2 wanopvattings spesifiek: die mistasting aangaande die valse oorsaak en die terminologiese wanopvatting.

Indien een ding 'n ander vooruitgaan, lei dit tot die konklusie dat die eerste die tweede moes veroorsaak het. Dit is die wanopvatting van die valse oorsaak. 'n Haan kan elke more voor sonopkoms kraai, maar dit beteken nie dat die haan die oorsaak van die sonsopkoms is nie.

Selfs as pre-Christelike verslae aangaande mitologiese gode na Christus lyk (en hulle nie so lyk nie), beteken dit nie dat hulle veroorsaak het dat die Evangelieskrywers 'n valse Jesus moes ontdek nie. Om so 'n aanname te maak, is verwant daaraan om te sê dat die TV-reeks "Star Trek" die NASA Space Shuttle program veroorsaak het.

Die termonologiese wanopvattings gebeur as woorde geherdefinieer word om 'n punt te bewys. Byvoorbeeld, die "Zeitgeist"- film sê dat Horus "sy bediening begin het," maar die woord "bediening" is geherdefinieer. Horus het geen werklike "bediening" gehad nie – glad nie iets soos Christus gehad het nie. Diegene met die opvatting dat daar 'n ooreenkoms tussen Mithras en Jesus was, praat oor die "doop" van die Mithras-kultus, maar wat was dit eintlik? Die priesters het die ingewydes in 'n put/graf gesit, 'n bul daaroor oopgesper, die maag van die bul oopgesny en sodoende die "dopelinge" met bloed en gestolde bloed bedek. So 'n praktyk dra geen ooreenkoms met die Christelike doop nie – 'n persoon gaan onder die water (simbool van die dood van Christus) en kom dan terug uit die water (simbool van Christus se opstanding). Geleerdes van 'n mitologiese Jesus gebruik misleidend dieselfde term "doop", om sodoende beide rituele te beskryf, in die hoop om die twee te koppel.

Dit bring ons by die onderwerp van die waarheid van die Nuwe Testament. Geen ander werk of antieke dokument dra meer getuienis ten opsigte van die historiese geloofwaardigheid, as die Nuwe Testament nie. Die Nuwe Testament het meer skrywers (nege), beter skrywers en vroeër skrywers as enige ander bestaande dokument van daardie tydperk. Verder getuig die geskiedenis dat hierdie skrywers gesterf het, as gevolg van die feit dat hulle verkondig het dat Jesus uit die dood opgestaan het. Hulle het gesterf vir dit wat hulle dink is waar, aangesien niemand vir 'n leuen sterf, wat hy weet vals is nie. Dink daaraan, sou jy met kruisiging gedreig word, soos volgens tradisie met die apostel Petrus gebeur het en al uitkoms om jou lewe te kon red, is om 'n leuen te verwerp, wat jy weet jy vertel het, wat sou jy doen?

Geskiedenis het gewys dat dit ten minste twee generasies neem om verby te gaan, voordat mite 'n historiese rekord kan word. Dit is, omdat so lank as daar ooggetuies is by 'n gebeurtenis, kan foute uitgewys en mitologiese versiering aan die lig gebring word. Al die Evangelies van die Nuwe Testament is gedurende die leeftyd van ooggetuies geskryf, saam met sommige van Paulus se Sendbriewe, so vroeg as 50 A.D. Paulus het direk aan kontemporêre ooggetuies verskyn om sy getuienis te verifieer (1 Kor 15:6).

Die Nuwe Testament dra by tot die feit dat, in die eerste eeu, Jesus nie vir enige ander god aangesien was nie. Toe Paulus in Athene gepreek het, het die wysgere van daardie stad gesê, "Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is" – dit was omdat hy Jesus en die opstanding gepreek het. Hulle het hom na die Areopagus geneem en gesê, "Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig? Party van die dinge wat jy sê, klink vir ons vreemd en ons wil graag weet wat dit beteken" (Hand 17:18-20). Indien Paulus bloot net stories van ander gode opgedis het, sou die Atheners nie na sy lering as "nuut" en "vreemd" verwys het nie. Indien sterwende en opkomende gode volop was in die eerste eeu, hoekom, toe Paulus gepreek het oor Jesus se opstanding uit die dood, het die Epikureërs en Stoisme nie die volgende aanmerking gemaak nie, "O ja, netsoos Horus en Mithras"?

Ter afsluiting, die aanname dat Jesus 'n namaaksel van mitologiese gode is en ontstaan het by skrywers wie se werk deur geleerdes weerspreek is, bevat logiese wanopvattings en kan nie vergelyk word met die Nuwe Testamentiese Evangelies nie, wat byna 2 000 jaar se intense bestudering deurstaan het. Die beweerde vergelykings tussen Jesus en ander gode verdwyn, wanneer die oorspronklike mites ondersoek word. Die teorie dat Jesus 'n mite is berus op selektiewe beskrywings, hergdefinieerde woorde en valse gevolgtrekkinge.

Jesus Christus is uniek in die geskiedenis, met Sy stem wat ruis bokant alle valse gode, wanneer Hy die vraag vra, wat uiteindelik enige persoon se ewige bestemming bepaal; "Wie, sê julle, is Ek?" (Matt 16:15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Jesus 'n mite? Is Jesus net 'n namaaksel van die heidense gode of ander antieke godsdienste?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries