Vraag
Was Jesus ‘n pasifis?
Antwoord
‘n Pasifis is iemand wat gekant is teen geweld, veral oorlog, vir enige doel. ‘n Pasifis weier dikwels om as soldaat te dien vir redes rakende gewete of godsdienstige oortuiging.
Jesus is die “prince of peace” (Jes 9:6) omdat Hy eendag ware en ewige vrede na die aarde sal bring en Sy boodskap in hierdie wêreld was opmerklik nie gewelddadig nie (Matt 5:38-44). Die Bybel is egter duidelik dat oorlog soms nodig is (Ps 144:1). En, gegewe sommige van die Bybel se profesieë oor Jesus, is dit moeilik om Hom ‘n pasifis te noem. Openbaring 19:15 waar daar oor Jesus gepraat word, verklaar, “Uit Sy mond het daar ‘n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref en Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van toorn en die oordeel van God, die Almagtige.” Die daarstel van Jesus se duisendjarige koninkryk sal geweld vereis in die vorm van oorlog teen die magte van die Antichris. Jesus se klere sal “met bloed deurweek” wees (Openbaring 19:13).
In Jesus se interaksie met die Romeinse offisier, het Jesus die soldaat se verering ontvang, die slaaf genees en geprys vir sy geloof (Matt 8:5-13). Wat Jesus NIE gedoen het nie, was om die offisier aan te sê om die weermag te los, vir die eenvoudige rede, dat Jesus nie pasifisme gepredik het nie. Johannes die Doper het ook met soldate te doen gehad en hulle het hom gevra, “En ons, wat moet ons doen?” (luk 3:140. Dit sou die beste oomblik vir Johannes gewees het om aan hulle te sê om hul wapens neer te lê, maar hy het nie. Johannes het eerder aan hulle gesê, “Moet van niemand deur geweld of valse aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling.”
Jesus se dissipels het wapens besit, wat in konflik was met die gedagte dat Jesus ‘n pasifis was. Die nag toe Jesus verraai was, het Hy selfs aan Sy volgelinge gesê om swaarde te bring. Hulle het twee gehad, wat Jesus as genoeg beskou het (Luk 22:37-39). Toe Jesus gevange geneem was, het Petrus sy swaard uitgeruk en een van die manne teenwoordig, gewond (Joh 18:10). Jesus het die man genees (Luk 22:51) en Petrus beveel om sy wapen weg te sit (Joh 18:11). Van belang is die feit dat Jesus nie Petrus se eienaarskap van die swaard veroordeel het nie, maar slegs sy spesifieke misbruik daarvan.
Die boek Prediker praat van die lewe se balans van kontrasterende aktiwiteite: “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: ….’n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou…..’n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede” (Prediker 3:1,3,8). Hierdie is nie die woorde van ‘n pasifis nie.
Jesus het nie soos ‘n pasifis geklink toe Hy gesê het in Matt 10:34-36, “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. ‘EK HET GEKOM OM TWEEDRAG TE BRING TUSSEN ‘N MAN EN SY PA EN TUSSEN ‘N DOGTER EN HAAR MA, TUSSEN ‘N SKOONDOGTER EN HAAR SKOONMA; JA, ‘N MAN SE HUISMENSE SAL SY VYANDE WEES.’” Jesus het nie oorlogvoering as voorwaarde gestel nie, maar Hy sluit definitief die konflik in wat gepaard gaan met die instroming van die waarheid.
Ons het nooit bevel ontvang om pasifiste te wees nie, in die gewone sin van die woord. Eerder moet ons haat wat boos is en aanhang wat goed is (Rom 12:9). Deur so te doen, moet ons standpunt inneem teen die boosheid in hierdie wêreld (wat konflik vereis) en regverdigheid navolg (2 Tim 2:22). Jesus het hierdie navolging geleef en nooit weggeskram van konflik as dit deel was van die Vader se soewereine plan nie. Jesus het openlik teen die godsdienstige en politieke regeerders van Sy tyd gepraat, omdat hulle nie die regverdigheid van God gesoek het nie (Luk 13:31-32; 19:45-47).
Wanneer dit kom by boosheid se vernietiging, is God nie ‘n pasifis nie. Die Ou Testament is vol voorbeelde van hoe God Sy mense gebruik het in oorlogstye om straf oor nasies te bring, wie se sonde hul perke oorskry het. ‘n Paar voorbeelde word gevind in Gen 15:16; Numeri 21:3; 31:1-7; 32:20-21; Deut 7:1-2; Josua 6:20-21; 8:1-8; 10:29-32; 11:7-20. Voordat die geveg van Jerigo plaasgevind het, het “die aanvoerder van die leer van die Here” Josua ontmoet. Hierdie persoon, wat voorgekom het soos die pre-vleesgeworde Christus, was onderskei deur “’n ontblote swaard in die hand” (vers 13). Die Here was gereed om te veg.
Ons kan verseker wees dat dit altyd met regverdigheid is dat God straf en oorlog voer (Openbaring 19:11). Hebr 10:30-31 sê, “Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: ‘Dit is Mý reg om te straf; Ek sal vergeld;’ en verder: ‘Die Here sal oor Sy volk oordeel.’ Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.” Wat ons leer van hierdie en ander gedeeltes uit die Bybel is dat ons slegs aan oorlogvoering moet deelneem, as dit geregverdig is. Die konflik van aggressie, onregverdigheid of menseslagting sou ‘n oorlog regverdig en ons glo dat volgelinge van Jesus vry is om die gewapende magte by te staan en deel te neem aan oorlogvoering.
English
Was Jesus ‘n pasifis?