settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus ‘n vriend van sondaars is?

Antwoord


Die feit dat Jesus ‘n vriend van sondaars is, beteken dat Hy ons vriend is en vir ons wag om Sy teenwoordigheid en beskikbaarheid te erken. God se liefde vir ons, is ver bo ons verstand. As ons Jesus se inkarnasie in ag neem – Hy verlaat die hemel om as hulpelose mensekind gebore te word, om sodoende op te groei en onder ons te kom lewe – begin ons om ‘n ietsie van die diepte van daardie liefde te ontdek. As ons Sy offerdood aan die kruis byvoeg, is dit verstommend.

Om “’n vriend van sondaars” te wees, het Jesus Homself onderwerp om te bly in ‘n gevalle, bedorwe wêreld, want “Almal het gesondig en is ver van God af” (Rom 3:23). Ten spyte van ons sondige toestand, verlang Jesus ‘n verhouding met ons.

Die frase “vriend van sondaars” kom vanuit gelykstaande gedeeltes in die Evangelies. “Verder het Jesus gesê: ‘Waarmee sal ek die mense van hierdie geslag vergelyk? Soos wie is hulle? Hulle is netsoos kinders wat op die markplein sit en vir mekaar roep: ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het ‘n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!’ Johannes die Doper het gekom en nie brood geëet of wyn gedrink nie en julle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’Die Seun van die Mens het gekom, geëet en gedrink en julle sê: ‘Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’” (Luk 7:31-34; Matt 11:16-19).

In hierdie gedeelte verwys Jesus na die vlak van geestelike onvolwassenheid tussen hulle wat hulself beskou het as “regverdig” en die mees “geestelike. Hulle baseer hul stand op hul nougesette navolging van rituele, die Wet en eksterne voorkoms, in plaas van ‘n ware verstaan van God se hart en ‘n verhouding met Hom. Hulle het Jesus gekritiseer omdat Hy tyd spandeer het met die uitgeworpenes en “sosiaal onaanvaarbare” mense, deur Hom “’n vriend van sondaars” te noem.

Die storie van die verlore skaap wys die belangrikheid van die verlorenes en hulpeloses, hulle wat weggedwaal het van die veilige plek. Vir God is die verlorenes só belangrik dat Hy hulle wil soek totdat hulle gevind is en na veiligheid teruggebring is. “Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: ‘Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.’ Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: ‘Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry’” (Luk 15:1-4).

Jesus het dit duidelik gemaak dat Hy, “Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Luk 19:10). Hy was gewillig om Homself te assosieer met hulle, wat nie goed genoeg was, volgens die standaarde van die eiegeregtige (selfvoldane) Fariseërs nie. Dit was egter hulself wat hulle oopgestel het om na Christus te luister en hulle het vir God saak gemaak!

Matt 9:10-13 praat ook in verband hiermee oor ‘n ander keer toe Jesus bespotlik gemaak is deur die godsdienstige leiers oor Sy assosiasies. Hy antwoord hulle deur te sê, “Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars” (vers 13).

In Luk 4:18, haal Jesus Jes 61:1-2 aan: “Die Gees van die Here, my God het oor My gekom; die Here het My gesalf om ‘n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het My gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf, maar almal wat treur, vertroos.” Om sodoende die goeie nuus aan die armes, gevangenes, die blindes en die verdruktes te bring, moes Jesus in kontak met hulle kom.

Jesus het nie sonde oorgesien of deelgeneem aan die vernietigende gedrag van die goddelose nie. As “vriend van sondaars” het Jesus getoon “dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei” (Rom 2:4). Jesus het ‘n volmaakte, sondelose lewe gelei en het volmag om op aarde sondes te vergewe (Luk 5:24). As gevolg hiervan het ons die geleentheid om ‘n nuutgeskepte hart en lewe te ervaar.

Jesus, ons vriend het tyd met sondaars gespandeer, nie om deel te wees van hul sondige begeertes nie, maar om die goeie nuus van vergifnis wat beskibaar is, aan hulle voor te stel. Baie sondaars was nuut gemaak deur Sy woorde van lewe – Saggeus is die beste voorbeeld daarvan (Luk 19:1-10).

Toe Jesus se vyande Hom ‘n “vriend van sondaars” genoem het, het hulle dit as ‘n belediging bedoel. Tot Sy verheerliking en ons ewige voordeel, het Jesus sulke minagtings verduur en ’n vriend geword “wat nader is as ‘n broer” (Spreuke 18:24).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus ‘n vriend van sondaars is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries