Vraag
Was Jona werklik deur ‘n walvis ingesluk?
Antwoord
Die boek Jona vertel die storie van ‘n ongehoorsame profeet wat, alhoewel hy deur ‘n walvis (of ‘n “groot vis”) ingesluk was en weer op die kus uitgespoeg is, onwillig die goddelose stad, Nineve, tot bekering gelei het. Die Bybel se eenvoudige lering is dat, ja, Jona was werklik deur ‘n walvis (of ‘n groot vis) ingesluk.
Die bybelse weergawe van Jona word dikwels gekritiseer deur skeptici, as gevolg van die wonderwerkende inhoud. Hierdie wonderwerke sluit die volgende gebeure in:
‘n Storm is ontbied en deur God laat verdwyn (1:4-16).
‘n Massiewe vis sluk die profeet in, nadat hy in die see gegooi is deur die skip se bemanning (1:15).
Jona oorleef in die maag van die vis vir 3 dae en 3 nagte – of hy sterf en word opgewek, afhangende van hoe jy die teks interpreteer (1:17).
Die vis spoeg Jona op die kus uit in opdrag van God (2:10).
‘n Kalbasplant/komkommerplant (gourd) word deur God beveel om vinnig te groei, om sodoende skadu vir Jona te verskaf (4:6).
‘n Wurm word deur God gestuur om die plant aan te val en te laat verdroog (4:7).
‘n Skroeiende wind is deur God opgeroep om dit vir Jona ongemaklik te maak (4:8).
God se gebruik van ‘n walvis of ‘n groot vis as Jona se wyse van vervoer, was vir seker om Nineve se aandag aan te gryp, gegewe die prominensie van die aanbidding van Dagon in daardie spesifieke area van die antieke wêreld. Dagon was ‘n visgod wat populariteit onder die godewêreld van Mesopotamië en die Oosterse Mediterreense kus geniet het. Hy word verskeie kere in die Bybel aangehaal, rakende die Filistyne (rigters 16:23-24; 1 Sam 5:1-7; 1 Kron10:8-12). Beelde van Dagon is gevind in paleise en tempels in Nineve en regdeur die streek. In sommige gevalle was hy voorgestel as ‘n man wat ‘n vis gedra het. In ander gevalle was hy gedeeltelik man en gedeeltelik vis – ‘n meerman, soort van.
Oriëntalis (kenner van die Ooste of Oosterse tale) Henry Clay Trumbull neem waar: “What better heralding, as a divinely sent messenger to Nineveh, could Jonah have had, than to be thrown up out of the mouth of a great fish, in the presence of witnesses, say on the coast of Phoenicia, where the fish-god was a favorite object of worship? Such an incident would have inevitably aroused the mercurial nature of Oriental observers, so that a multitude would be ready to follow the seemingly new avatar of the fish-god, proclaiming the story of his uprising from the sea, as he went on his mission to the city where the fish-god had its very centre of worship” (“Jonah in Nineveh,” Journal of Biblical Literature, Vol 2, No. 1, 1892, p. 56).
Sommige geleerdes het gespekuleer dat Jona se voorkoms, wit gebleik van die werking van die vis se sure in sy spysverteringstelsel, van groot hulp was ten opsigte van sy saak. Dit kon wees dat die mense van Nineve gegroet was deur ‘n man wie se vel, hare en klere wit gebleik was soos ‘n spook – ‘n man vergesel deur ‘n skare mense wat waansinnige volgelinge was, baie wat getuie was dat hy op die kus deur ‘n groot vis uitgespoeg was. Gegewe die visdam-agtige aard van Jona se aankoms, volg Nineve se berou vanuit ‘n logiese progressie.
Afgesien van die Bybel is daar geen afdoende bewys dat Jona ooit deur ‘n vis ingesluk was nie en gelewe het om dit te vertel nie; tog is daar uitdagende bevestigende bewys. In die derde eeu vC, het ‘n Babiloniese priester/historikus, by name Berosus, geskryf van ‘n mistieke wese met die naam Oannes, wat volgens Berosus, vanuit die see gekom het om goddelike wysheid aan die mense te bring. Geleerdes in die algemeen identifiseer hierdie misterieuse visman as ‘n inkarnasie van die Babiloniese watergod Ea (ook bekend as Enki). Die snaakse ding aangaande Berosus se weergawe is die naam, Oannes, wat hy gebruik het.
Berosus het in Grieks geskryf gedurende die Hellenistiese Periode. Oannes is net ‘n enkele letter wat van die Griekse naam Ioannes verwyder is, wat in die Griekse Nuwe Testament gebruik is vir Jona. Oor die ”I” wat weggelaat is van Ioannes, skryf professor Trumbull, “In the Assyrian inscriptions the “J” of the foreign words becomes “I” or disappears altogether; hence Joannes, as the Greek representative of Jona, would appear in Assyrian either as Ioannes or as Oannes” (ibid., p. 58).
Nineve was ‘n Assiriese stad. Wat dit essensieel beteken, is dat Berosus geskryf het van ‘n visman, met die naam Jona wat uit die see gekom het om goddelike wysheid aan die mens te gee – ‘n merkwaardige bevestiging van die Hebreeuse weergawe.
Berosus beweer dat hy op amptelike Babiloniese bronne staatgemaak het vir sy inligting. Nineve was oorwin deur die Babiloniërs onder koning Nabopolassar in 612 vC, meer as 300 jaar voor Berosus. Dit is heeltemal geloofbaar dat die opgaaf van Jona se sukses in Nineve bewaar is in die geskrifte, beskikbaar gestel aan Berosus. Indien so wil dit voorkom dat Jona oor ‘n tydperk van 3 eeue vergoddelik en gemitologiseer was, eers deur die Assiriërs, wat sonder twyfel hom met hul visgod, Dagon, geassosieer het en dan deur die Babiloniërs, wat hom skynbaar met hul eie watergod, Ea, verbaster het.
Jona was nie ‘n verbeeldingsfiguur wat geskep is om die rol van ‘n ongehoorsame profeet te speel en deur ‘n vis ingesluk is nie. Jona verskyn in die Kronieke van Israel as die profeet wat Jerobeam II se militêre suksesse teen Sirië (2 Kon 14:25) behaal het. Daar word gesê dat hy die seun van Amittai was (Jona 1:1) van die dorp Gath-hepher in Galilea. Flavius Josephus herhaal hierdie besonderhede in sy Antiquities of the Jews (Hoofstuk 10, paragraaf 2).
Die stad Nineve was herontdek na meer as 2,500 jaar van obskuurheid. Dit word nou geglo dat dit die grootste stad in die wêreld kon wees, met die tyd van sy verdwyning (sien Tertius Chandler se Four Thousand Years of Urban Growth: An Historical Census). Volgens Sir Austen Henry Layard, wat die herontdekking van Nineve geboekstaaf het, was die omtrek van die “Greater Nineveh” “exactly three days’ journey,” soos in Jona 3:3 opgeneem is (A Popular Account of Discoveries at Nineveh, New York: J. C. Derby, 1854, p. 314). Voorafgegaan tot die herontdekking, het skeptici gewonder oor die moontlikheid dat so ‘n groot stad in die antieke wêreld bestaan het. Sommige het die bestaan van Nineve algeheel ontken. Die herontdekking in die middel 1800’s het bewys om ‘n merkwaardige regverdiging vir die Bybel te wees, wat Nineve 18 keer by naam noem en 2 volledige boeke (Jona en Nahum) opdra aan sy noodlot.
Dit is interessant om op te let waar die verlore stad Nineve herontdek was. Dit is begrawe gevind onder ‘n paar heuwels in die omgewing van Mosul in die hedendaagse Irak. Hierdie heuweltjies staan bekend as Kuyunjik en Nabi Yunus, hul plaaslike name. Nabi Yunus is die Arabies vir “die profeet Jona.”
Wat betref die walvis of groot vis wat Jona ingesluk het,spesifiseer die Bybel nie watter soort seedier dit was nie. Die Hebreeuse frase in die Ou Testament, gadowl dag, beteken letterlik “groot vis.” Die Grieks wat in die Nuwe Testament gebruik is, is këtos, wat “sea creature” beteken. Daar is ten minste 2 spesies van Mediterreense seelewe wat in staat is om ‘n mens heel in te sluk. Hulle is die potvis (cachalot ) ook bekend as die spermaceti-walvis en die wit haai. Beide kreature is bekend om op die roof uit te wees in die Middellandse See en is bekend aan seevaarders sedert die antieke tyd. Aristoteles het beide spesies beskryf in sy vierde-eeuse-vC Historia Animalium.
Skeptici wonder oor die wonderwerke wat in die boek Jona beskryf is asof daar geen meganismes was, waardeur sulke gebeure kon plaasvind nie. Dit is hulle vooroordeel. Ons is geneig om egter te glo dat daar Een is wat by magte is om natuurlike fenomene te manipuleer deur bonatuurlike maniere. Ons glo dat Hy die Skepper van die natuurlike ryk is en is dus nie beperk daardeur nie. Ons glo God het vir Jona gestuur om Nineve tot berou te bring en dat in die proses, Jona deur die walvis of groot vis ingesluk was.
Jesus het gepraat van Jona se beproewing as ‘n werklike historiese gebeurtenis. Hy het dit gebruik as ‘n tipologiese metafoor vir Sy eie kruisiging en opstanding: “Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees. Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona!” (Matt 12:40-41.
English
Was Jona werklik deur ‘n walvis ingesluk?