settings icon
share icon
Vraag

Wie was Kain se vrou? Was Kain se vrou sy suster?

Antwoord


Die Bybel sê nie spesifiek wie Kain se vrou was nie. Die enigste moontlike antwoord was dat Kain se vrou sy suster of niggie of grootniggie, ens was. Die Bybel sê nie hoe oud Kain was toe hy Abel doodgemaak het nie (Genesis 4:8). Aangesien hulle albei boere was, was hulle heel moontlik al albei volgroeide volwassenes, moontlik met gesinne van hulle eie. Adam en Eva het seer sekerlik meer kinders gehad as bloot net Kain en Abel op die tydstip toe Abel vermoor is – en hulle het definitief baie meer kinders op ‘n latere stadium gehad (Genesis 5:4). Die feit dat Kain vir sy eie lewe gevrees het nadat hy Abel vermoor het (Genesis 4:14) dui daarop dat daar heel moontlik ook baie ander kinders was en miskien selfs kleinkinders en agterkleinkinders behorende aan Adam en Eva op daardie tydstip. Kain se vrou (Genesis 4:17) was dus ‘n dogter of kleindogter van Adam en Eva.

Aangesien Adam en Eva die eerste (en enigste) menslike wesens was, sou hul kinders dus geen keuse hê as om te ondertrou nie. Op daardie stadium het God nie inter-familiêre huwelike verbied nie - eers baie later toe daar genoeg mense was, was ondertrouery onnodig. (Levitikus 18:6-18). Die rede waarom bloedskande dikwels lei tot genetiese abnormaliteite in kinders is omdat wanneer twee mense met soortgelyke genetiese materiaal (bv ‘n broer en suster) kinders het, genetiese afwykings baie meer waarskynlik kan voorkom aangesien albei ouers self dieselfde afwykings het. Wanneer mense vanuit verskillende gesinne kinders het is dit hoogs onwaarskynlik dat albei ouers dieselfde genetiese afwykings sal hê. Die menslike genetiese kode het oor die eeue heen toenemend “besoedeld” geraak, aangesien genetiese afwykings vermenigvuldig, uitgebrei en van een generasie na ‘n ander oorgedra is. Aangesien Adam en Eva nie enige genetiese afwykings gehad het nie, het dit beide hulle en die eerste paar generasies van hulle afstammelinge in staat gestel om ‘n veel beter gesondheidskwaliteit te hê as wat ons mense vandag het. As ‘n direkte uitvloeisel hiervan, was dit veilig vir hulle om te ondertrou. Dit mag dalk snaaks klink of selfs walglik om te dink dat Kain se vrou in werklikheid sy suster was. Aangesien God egter in die begin, slegs begin het met een man en een vrou, sou die tweede generasie dan geen keuse hê as om onder mekaar te ondertrou nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was Kain se vrou? Was Kain se vrou sy suster?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries