Vraag
Hoekom het God die uitwissing/volksmoord van die Kanaäniete gelas, vrouens en kinders ingesluit?
Antwoord
In Deut 20:16-17 het God aan Israel opdrag gegee, “Uit die stede van hierdie volke wat deur die Here jou God aan jou as besitting gegee word, mag jy niks laat bly lewe nie. Jy moet die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete om die lewe bring as ‘n banoffer aan die Here jou God soos Hy jou beveel het.” ‘n Soortgelyke opdrag is gegee aangaande die Amalekiete in 1 Sam 15:2-3. Hoekom sou God wou hê dat die Israeliete volledige groepe van mense moes uitwis, vrouens en kinders ingesluit?
Voordat ons na die redes in die Skrif kyk, is dit belangrik om te besef dat die Israeliete nie vrye teuels gegee was om almal wat hulle sou teëkom, te vermoor nie. Kyk na die volgende:
Die standaardprosedure om die stad aan te val, was om eerstens die vredesaanbod voor te lê (Deut 20:10). Indien dit aanvaar word, het die mense van daardie stad gelewe en dwangarbeiders vir Israel geword (vers 11). Indien die aanbod verwerp was, was die stad beleër en die manne doodgemaak, maar die vroue en kinders was gespaar (verse 12-14). Om ‘n stad in Kanaän aan te val, was verskillende reëls toegepas en het ‘n uitsondering gegeld.
God het nie AL die oorloë van die Ou Testament goedgekeur nie. Die gevegte wat deel was van die verowering van Kanaän was bedoel vir ‘n spesifieke tyd en beperk tot ‘n besondere groep mense. Die verowering van Kanaän het duidelike limiete gehad, geografies en histories.
Die oorloë deur God goedgekeur na die tyd van Josua was defensief van aard. ‘n Aantal van die gevegte wat Israel geveg het op pad na en in Kanaän was ook defensief van aard (Eks 17:8; Numeri 21:21-32; Deut 2:26-37; Josua 10:4).
Hier is die redes wat die Skrif gee vir die opkommandering van antieke Israel om sekere groepe mense uit te roei:
Om die Kanaäniete te straf vir hul afgodery. Die Kanaäniete was ‘n brutale en slegte kultuur wat dikwels ongelooflike en vervalle gedrag getoon het. Lev 18 gee ‘n lys van sondes wat Israel ten alle koste moes vermy: bloedskande, kinderoffers, homoseksualiteit en verdierliking. Al hierdie sondes is deur die Kanaäniete beoefen. Lev 18:24-27, “…want dit is wat die heidene gedoen het wat Ek voor julle verdryf. Hulle het die land verontreinig en Ek het die land daarvoor gestraf sodat hy sy bewoners uitgespoeg het….Omdat die vorige inwoners hierdie afstootlike dinge gedoen het, is die land verontreinig.”
Om die vernietiging van die Kanaäniete te orden, het God ‘n vorm van korporatiewe doodstraf bepaal op mense wat God se straf vir ‘n sekere tyd verdien het. God het die Kanaäniete meer as 400 jaar gegee om te bely (Gen 15:13-16). Daarna het die strafdag gekom. God kon op enige manier die Kanaäniete vernietig het, maar Hy het besluit om die Israeliete as die instrument van straf te gebruik. Hierdie metode het nie slegs die wêreld gered van ‘n bose en gevalle samelewing nie, maar dit het ook ‘n pasklaar tuiste vir God se uitverkore volk, die Hebreërs, voorsien.
Die Kanaäniete het geweet wat sou kom en het gehoor van God se ontsagwekkende almag (Jos 2:10-11; 9:9). Sulke oplettendheid het hul berou aangewakker, maar hulle het God nog steeds weerstaan. Ragab, die Kanaäniet, was gered en ook haar familie en hulle was die getuienis, dat, sou die Kanaäniete hul sondes bely, hulle die vernietiging kon vermy (Jos 2). Geen persoon sou hoef te sterwe nie. God se wens is dat die slegte mense van hul sondes moet wegdraai, eerder as om verlore te gaan (Eseg 18:31-32; 33:11).
Om afgodery uit te wis en te skik. In Deut 20, dadelik nadat God opdrag gegee het dat die Kanaäniete heeltemal uitgewis moet word, het God die rede gegee in Deut 20:18, “Hulle mag julle nie leer om al die afskuwelike afgodsbeelde te maak wat hulle vir hulle as gode gemaak het nie. Hulle mag julle nie teen die Here julle God laat sondig nie.” Die rede vir die uitwissing was om te voorkom dat godsdienstige kompromieë gesmee en spiritualistiese egbreuk gepleeg word: indien die Israeliete oorlewendes sou laat, sou die sonde van afgodery volg.
Die Israeliete het in hul sending misluk en baie Kanaäniete lewendig laat bly (Josua 16:10; 17:12-13; Rigters 1:29). Presies wat God gesê het, sou gebeur. Israel het met die Kanaänitiese kultuur verenig en in afgodery verval, keer op keer (Rigters 2:1-3; 1 Kon 11:5; 14:24; 2 Kon16:3-4). God se opdrag om die Kanaäniete uit te wis, was bedoel om sy volk se verhouding met Hom te beskerm.
Om toekomstige probleme te voorkom. God ken die toekoms. Hy het geweet wat die resultate sou wees indien Israel nie heeltemal hul vyande oorrompel nie. Die Amalekiete was nie Kanaäniete nie, maar hulle het Israel verskeie kere aangeval en alliansies met die Kanaäniete aangegaan (Eks 17:8-13; Numeri 14:45; Rigters 3:13; 6:3), dus het hulle ook onder God se straf gekom. Koning Saul het die verantwoordelikheid gekry om die Amalekiete uit te roei (1 Sam 15:2-3). Saul het sy plig versuim en daaroor gelieg (1 Sam 15:20). Die resultate was ontsettend – slegs ‘n paar dekades later, was daar genoeg Amalekiete om Dawid en sy manne se families gevange te neem (1 Sam 30:1-2). Verskeie honderd jare daarna, het ‘n afstammeling van die Amalekiete, Haman, probeer om die hele Joodse volk uit te wis (lees die boek Ester). Saul se ongehoorsaamheid het bykans daartoe gelei dat Israel vernietig was. As Saul die stem van die Here gehoorsaam het,sou dit Dawid se manne en die Jode van Ester se tyd baie moeilikheid gespaar het.
Om die vloek op Kanaän te vervul. Eeue voordat Moses se opdrag gegee was om die Kanaäniete te vernietig, het Noag een van Gam se seuns vervloek: “Vervloek is Kanaän! ‘n Nikswerd slaaf sal hy wees, in diens van sy broers” (Gen 9:25). Kanaän was die voorvader van die Kanaäniete, soos Gen 10 dit verduidelik. Die afstammelinge van Kanaän sluit in die Sidoniete, die Hetiete, die Jebusiete, die Amoriete en die inwoners van Sodom en Gomorra (Gen 10:15-19). Noag se vloek/profesie het waar geword gedurende Josua se tyd. Die Kanaäniete was deur die Israeliete verower, wat namomelinge van Gam se broer, Sem was. Nie al die Kanaäniete was uitgeroei nie; soos God se woord gesê het, sommige sou slawe raak (Jos 9:27; 17:12-13).
Die moeilikste deel van die opdrag in Deut 20:16-17 is dat, toe die Kanaäniete uitgewis was, vroue en kinders nie gespaar was nie. Waarom sou God die dood van nie-strydendes en onskuldige kinders beveel? Hier is ‘n paar dinge om te omthou:
Niemand is “onskuldig” in die sin van “sonder sonde” wees nie (Ps 51:5; 58:3).
Hierdie vroue was deel van die ontaarding en sondeval van Kanaän en die kinders sou opgegroei het in die bose godsdienste en praktyke van hul ouers.
Hierdie vroue en uiteindelik die kinders sou natuurlik gegrief wees teenoor die Israeliete en later gesoek het na wraak teenoor die “onregverdige” behandeling wat die Kanaänitiese manne ontvang het.
Uiteindelik is God soewerein oor alle lewe en Hy kan dit neem wanneer en hoe ookal Hy dit wil doen. God alleen kan lewe gee en Hy alleen het die reg om dit te neem. God is onder geen verpligting om iemand se lewe op aarde te verleng vir selfs een dag nie. Hoe en wanneer ons sterf, is volkome Sy besluit. In die geval van die Kanaäniete, het hul einde gekom na ‘n tyd van verdraagsaamheid en geduld en genade. Maar die Oordeelsdag kom en dit hét gekom vir die Kanaäniete via die Hebreeuse volk.
English
Hoekom het God die uitwissing/volksmoord van die Kanaäniete gelas, vrouens en kinders ingesluit?