Vraag
Wie was Molek?
Antwoord
Soos met baie van die antieke geskiedenis, is die presiese oorsprong van Molek-aanbidding onduidelik. Die term “Molek” het volgens oorlewering sy oorsprong te make met die Fenisiaanse “mlk,” wat verwys na ‘n tipe offerande wat gebruik is om ‘n belofte te bevestig of vry te spreek “bosheth.” “Melekh” is die Hebreeuse woord vir “koning.” Dit was algemeen vir die Israeliete om die naam van heidense gode te verbind met vokale in die Hebreeuse woord vir skande: “bosheth.” Dit is hoe die godin van vrugbaarheid en oorlog, Astarte, Ashtoreth, geword het. Die kombinasie van mlk melekh en bosheth het “Molech” geraak, wat geïnterpreteer kon word as “the personified ruler of shameful sacrifice.” Dit was ook gespel as Milcom, Milkim, Malik en Moloch. Ashtoreth was sy metgesel en rituele prostitusie was beskou as ‘n belangrike vorm van aanbidding.
Die Fenisiërs was ‘n groep wat losweg bymekaar gekom het en in Kanaän (moderne Libanon, Sirië en Israel) tussen 1550 vC en 300 vC. gaan woon het. Tesame met seksuele rituele, het Molek-aanbidding kinder-offerandes ingesluit of “passing children through the fire.” Daar word geglo dat afgode van Molek reuse-metaalstandbeelde was, van ‘n man met die kop van ‘n bul. Elke beeld het ‘n gat in die onderlyf gehad en moontlike uitgestrekte voorarms wat ‘n soort helling vir die gat gevorm het. ‘n Vuur was rondom die standbeeld aangesteek. Babas was in die standbeeld se arms geplaas of in die gat. Wanneer ‘n paartjie hul eersgeborene geoffer het, het hulle geglo dat Molek finansiële voorspoed vir die familie en toekomstige kinders sou verseker.
Molek-aanbidding was nie beperk tot Kanaän nie. Monoliete in Noord-Afrika gebruik die “mlk” – dikwels geskryf as “mlk’mr” en “mlk’dm,” wat mag beteken “offerande van lam” en offerande van mens.” In Noord-Afrika was Molek vernoem as “Kronos.” Kronos het na Carthago in Griekeland migreer en sy mitologie het gegroei en sy ommeswaai na ‘n Titaan en die vader van Zeus, ingesluit. Molek is geaffilieer met en soms gelykstaande aan Ba’al, alhoewel die woord “ba’al” ook gebruik was om enige god of regeerder aan te wys. In Gen 12 Het Abraham God se oproep gevolg om na Kanaän te verhuis. Alhoewel menslike offerande algemeen was in Abraham se geboorteplek Ur, was dit goed gevestig in sy nuwe land. God het later vir Abraham gevra om vir Isak te offer (Gen 22:2). Maar toe het God Homself onderskei van gode soos Molek. Anders as die inheemse Kanaänitiese gode, het Abraham se God menslike offerandes verwerp. God het opdrag gegee dat Isak gespaar moes word, deur ‘n ram te voorsien om Isak se plek in te neem (Gen 22:13). God het hierdie gebeure gebruik as ‘n illustrasie van hoe Hy later Sy Seun sou voorsien om ons plek in te neem.
Meer as 500 jaar na Abraham, het Josua die Israeliete uit die woestyn gelei om die Beloofde Land in besit te neem. God het geweet dat die Israeliete onvolgroeid was in hul geloof en maklik verward kon raak as dit by aanbidding van die Een ware God gekom het (Eks 32). Voordat die Israeliete egter Kanaän binne gegaan het, het God hulle gewaarsku om nie deel te neem aan Molek-aanbidding nie (Lev 18:21) en hulle herhaaldelik vermaan om daardie kulture om Molek te aanbid, te vernietig. Die Israeliete het nie God se waarskuwings gehoorsaam nie. In plek daarvan het hulle Molek-aanbidding ingesluit by hul eie tradisies. Selfs Salomo, die wyse koning, was meegevoer deur hierdie sonde en het hoë plekke van aanbidding vir Molek gebou (1 Kon 11:1-8). Molek-aanbidding het by die “heiligdomme op die hoogtes” (1 Kon 12:31) plaasgevind, asook by ‘n offerplek in die Ben-Hinnomdal (2 Kon 23:10). Ten spyte van af en toe-pogings van godvresende konings, was Molek-aanbidding nie vernietig tot die Israeliete as bannelinge na Babilon geneem is nie. (Alhoewel die Babiloniese godsdiens panteïsties was en gekarakteriseer deur astrologie en waarsêery, het dit nie menslike offerandes ingesluit nie). Op een of ander wyse het die verspreiding van die Israeliete in ‘n groot heidense samelewing tog sukses behaal, deur hulle van hul valse gode te suiwer. Toe die Jode na hul land teruggekeer het, het hulle hulself opnuut aan God toegewy en die Ben-Hinnomdal was verander in ‘n plek waar vullis en die liggame van tereggestelde kriminele verbrand geword het. Jesus het die beeld van hierdie plek gebruik – ‘n ewige brandende vuur, wat tallose menslike slagoffers verteer het – om die hel te beskryf, waar diegene wat God verwerp, tot in ewigheid sal brand (Matt 10:28).
English
Wie was Molek?