settings icon
share icon
Vraag

Praat God met mense vandag?

Antwoord


Die Bybel vertel ons dat God baie keer, op ‘n hoorbare manier, met mense gepraat het (Eksodus 3:14’ Josua 1:1; Rigters 6:18; 1 Samuel 3:11; 2 Samuel 2:1; Job 40:1; Jesaja 7:3; Jeremia 1:7; Handelinge 8:26 – is net ‘n paar voorbeelde). Die Bybel sê geensins dat God nie ook in hierdie tyd met ons sal praat nie. Daar is meer as 100 verwysings in die Bybel dat God met mense praat, maar ons moet onhou dat dit oor ‘n periode van 4000 jaar gebeur het. Wat ons wel weet is dat wanneer God hoorbaar met mens praat is dit ‘n uitsondering geval. Selfs in Bybel rekords waar God met mens gepraat het, is dit nie altyd duidelik of dit ‘n hoorbare stem was, of ‘n innerlike “stem”, of dan net ‘n “geplaaste” gedagte.

Maar God praat wel vandag. Eerstens is dit deur Sy woord, Die Bybel (2 Timoteus 3:16-17). Jesaja 55:11 se vir ons, “Net so is dit met die woord wat uit My mond kom; dit sal nie leeg terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het”. Die Bybel boekstaaf God se woorde, en wys ons hoe om ‘n Christelike lewe te lei en sodoende die ewige lewe te beërwe. 2 Petrus 1:3 vertel ons “Deurdat ons Hom regtig ken, het Sy godelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om Sy heerlikheid en goedheid te onvang”.

Tweedens, God praat met ons deur denke wat in ons geplaas word, Hy praat ook met ons deur dinge wat met ons gebeur. God is altyd besig om ons denkpatrone nuut te maak of dan wel te verander dat dit in ooreenkoms is met Sy denkrigting (Romeine 12:2). God laat toe dat dinge met ons gebeur sodat ons verander en ons daardeur geestelik groei (Jakobus 1:2-5; Hebreërs 12:5-11). 1 Petrus 1:6-7 vertel ons, “Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle ‘n rukkie laat swaarkry. Die doel met hierdie beproewings is om egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As julle die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wereld geopenbaar word”.

Dan laastens, God praat wel somtyds in ‘n hoorbare vorm met mense. Maar dit is hoogs onwaarskeinlik dat dit so gereeld gebeur as wat mense vandag sê. Selfs in die Bybel het God met mense slegs op uitsondering gepraat en moet dit nie as iets algemeen gesien word nie. As iemand sê dat God met hom of haar gepraat het, is dit baie belangrik dat hierdie “praat” nooit ooit in teenstelling is met wat die Bybel vir ons sê nie. Wanneer God vandag praat sal Sy woorde geheel en al ooreenstem met Sy Woord (2 Timoteus 3:16-17), God weerspreek Homself nooit nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Praat God met mense vandag?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries