Vraag
Wat beteken dit dat Jesus die Prins van Vrede is (Jes 9:5)?
Antwoord
In Jesaja se profesie aangaande die komende Messias, sê hy:
“Vir ons is ‘n Seun gebore,
aan ons is ‘n Seun gegee;
Hy sal heers en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors” (Prince of Peace) (Jes 9:5).
In ‘n wêreld gevul met oorlog en geweld, is dit moeilik om te sien hoe Jesus die almagtige God kan wees, wat in menslike geskiedenis handel en die beliggaming van vrede is. Maar fisiese veiligheid en politieke harmonie reflekteer nie noodwendig dié soort vrede waarvan Hy praat in Joh 14:27 nie.
Die Hebreeuse woord vir “vrede,” shalom, word dikwels gebruik as verwys word na ‘n verskyning van kalmte en rustigheid van individue, groepe en nasies. Die Griekse word eirene beteken “eenheid en ooreenstemming”; Paulus gebruik “eirene” om die doelwit van die Nuwe Testamentiese kerk te beskryf. Maar die dieper, meer fundamentele betekenis van “vrede” is “the spiritual harmony brought by an individual’s restoration with God.”
In ons sondige toestand is ons vyande met God (Rom 5:10). “Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Rom 5:8). As gevolg van Christus se offerande, is ons vredesverhouding met God herstel (Rom 5:1). Dit is die diep, blywende vrede tussen ons harte en ons Skepper wat nie weggeneem kan word nie (Joh 10:27-28) en die hoogste vervulling van Christus se werk as “Prins van Vrede.”
Maar Christus se offerande voorsien meer vir ons as die ewige vrede; dit laat ook toe dat ons ‘n verhouding met die Heilige Gees het, die Helper wat belowe om ons te lei (Joh 16:7, 13). Verder sal die Heilige Gees Homself manifesteer in ons deurdat ons op maniere lewe, wat vir ons op ons eie onmoontlik sou wees, insluitende deur ons lewens te vul met liefde, vreugde en vrede (Gal 5:22-23). Hierdie liefde, vreugde en vrede is alles resultate van die Heilige Gees wat in die lewe van ‘n gelowige werksaam is. Hulle is weerspieëlinge van Sy teenwoordigheid in ons. En, alhoewel hul diepste, lewenskragtigste resultaat is dat ons in liefde, vreugde en vrede met God lewe, kan hulle nie help om oor te spoel in ons menseverhoudinge nie.
En ons het dit desperaat nodig – veral aangesien God ons roep om met een doel voor oë saam met gelowiges, met nederigheid, sagtheid en geduld te lewe, “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe” (Ef 4:1-3). Hierdie eenheid as doelwit en sagmoedigheid sou onmoontlik wees sonder die werk van die Heilige Gees in ons en die vrede wat ons het met God, danksy die offerande van Sy Seun.
Dis ironies dat die ligste definisie van “vrede”, dié van die voorkoms van kalmte in iemand, die moeilikste kan wees om aan te gryp en te behou. Ons doen niks om ons geestelike vrede met God te verkry of te behou nie (Ef 2:8-9). En terwyl ons in eenheid leef met ander gelowiges, kan dit uiters moeilik wees, en deur in vrede te leef in ons eie lewens kan soms onmoontlik voel.
Let daarop dat “peaceful” nie “maklik” beteken nie. Jesus het nooit maklik belowe nie; Hy het net hulp belowe. Hy het ons vertel om beproewing te verwag (Joh 16:33) en toetsings (Jak 1:2). Maar Hy het ook gesê, as ons Hom aanroep, sal Hy ons “die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan” gee (Fil 4:6-7). Maak nie saak watter swaarkry ons in die gesig staar nie, ons kan vra vir ‘n vrede wat kom van die almagtige liefde van God, wat nie afhang van ons eie krag of die situasie rondom ons nie.
English
Wat beteken dit dat Jesus die Prins van Vrede is (Jes 9:5)?