Vraag
Wie was die Samaritane?
Antwoord
Die Samaritane het die land beset wat voorheen aan die stam van Efraim en die halwe stam van Manasse behoort het. Die hoofstad van die land was Samaria, wat voorheen ‘n groot en manjifieke stad was. Toe die 10 stamme in ballingskap weggevoer was na Assirië, het die koning van Assirië mense gestuur vanaf Kuta, Awwa, Hamat en Sefarwajim om in Samaria te gaan woon (2 Kon 17:24; Esra 4:2-11). Hierdie uitlanders het ondertrou met die Israeliete wat steeds in en om Samaria was. Hierdie “Samaritane” het aanvanklik die afgode van hul eie nasies aanbid, maar toe hulle probleme met leeus opgedoen het, het hulle vermoed dit was as gevolg van die feit dat hulle die God van daardie gebied nie aanbid het nie. ‘n Joodse priester was daarom gestuur vanaf Assirië om hulle in die Joodse godsdiens te onderrig. Hulle is geleer uit die boeke van Moses, maar het steeds baie van hul afgode se gewoontes nagekom. Die Samaritane het ‘n godsdiens nagekom wat ‘n mengsel van Judaïsme en afgodsdiens was (2 Kon 17:26-28). Omdat die Israeliete wat nog inwoners van Samaria was, met die vreemdelinge ondertrou het en hul afgodsdiens aangeneem het, was die Samaritane gewoonlik beskou as “half rasse” en was universeel deur die Jode verwerp.
Addisionele gronde vir vyandigheid tussen die Israeliete en Samaritane was die volgende:
Die Jode het na hul terugkeer vanaf Babilon begin om hul tempel te herbou. Terwyl Nehemia betrokke was by die bou van die mure van Jerusalem, het die Samaritane kragdadig gepoog om die onderneming te ondermyn (Neh 6:1-14). Die Samaritane het vir hulself ‘n tempel gebou op die berg Moria, wat die Samaritane volgehou het dat dit deur Moses ontwerp is as die plek waar die volk moes aanbid. Sanballat, die leier van die Samaritane, het sy skoonseun, Manasse, as hoëpriester aangestel. Die afgodsdiens van die Samaritane het op dié manier bly voortbestaan.
Samaria het ‘n plek van asiel geword vir al die voëlvry verklaarde mense van Judea (Jos 20:7; 21:21). Die Samaritane het gewilliglik Joodse kriminele en vlugtelinge ontvang. Die wetsoortreders van die Joodse wette en diegene wat verban was, het veiligheid gevind in Samaria, en dit het die haat tussen die twee volke grootliks vermeerder.
Die Samaritane het slegs die 5 boeke van Moses ontvang en die geskrifte van die profete en al die Joodse tradisies verwerp.
As gevolg van hierdie oorsake het ‘n onversoenbare verskil tussen hulle ontstaan, in so ‘n mate dat die Jode die Samaritane beskou het as die ergste van die menslike ras (Joh 8:48) en het geen onderhandelinge met hulle gehad nie (Joh 4:9). Ten spyte van die haat tussen die Jode en Samaritane, het Jesus die skeidsmure tussen hulle afgebreek deur die evangelie van vrede aan die Samaritane te verkondig (Joh 4:6-26) en die apostels het later Sy voorbeeld gevolg (Hand 8:25)
English
Wie was die Samaritane?