settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor VIGS/MIV? Is VIGS/MIV ‘n straf van God af?

Antwoord


Fundamenteel is alle siekte ‘n straf van God af. Adam en Eva het voor die val van geen korrupsie van enige aard geweet nie. Toe God die straf oor Adam aangekondig het, het die dood in die wêreld gekom (Gen 3:19; Rom 5:12). Alle siektes, van gewone verkoue tot kanker, is deel van die vloek en ons wat in ‘n vervloekte wêreld leef, is onderwerp aan verganklikheid. Dus, ja, VIGS/MIV en ander seksueel oordraagbare infeksies (saam met al die ander siektes) is deel van God se straf in ‘n vervloekte wêreld.

Die Bybel leer dat ons keuses gevolge dra. Wat ookal ‘n mens saai, dit is wat hy sal maai (Gal 6:7-8). Regverdigheid bring seën mee: “maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe” (Spreuke 7:2); en sonde bring straf: “’n Koning wat onreg saai, sal teenspoed oes” (Spreuke 22:8). Een van ons probleme is dat ons algehele vryheid wil hê om ons handelinge te kies, maar ons wil hulle hê sonder gevolge. Die realiteit is dat wanneer ons ‘n rigting kies vir ons optrede, kies ons outomaties die samehangende resultaat. Die Skrif waarsku dat seksuele sonde ‘n ingeboude straf vanaf God dra. “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ‘n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam” (1 Kor 6:18). “Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom” (Hebr 13:4). Dit kan nie ontken word dat om volgens die Bybelse beginsels te leef (seksuele getrouheid binne die huwelik) jou kanse drasties verminder word om MIV/VIGS en ander seksuele oordraagbare siektes op te tel.

Rom 1:18-32 is ‘n aanklag van die heidense, afgodswêreld. Dit begin met hierdie woorde: “God openbaar vanuit die hemel Sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk.” Hierdie gedeelte leer dat die sonde van homoseksualiteit sy wortels het in ‘n ontkenning van God. Dit bring skande, vernedering en ‘n “verskuldigde straf.” Sedert seksuele oordraagbare siektes soos VIGS/MIV bekend geraak het, vir die grootste deel van seksuele sonde, moet hulle gesien word as deel van die “straf” wat die “wraak van God” teen die boosheid van mense openbaar (vers 18). ‘n Sleutelfrase is “God het hulle oorgegee” – wat 3 keer voorkom. God het hulle oorgegee aan sedelike onreinheid (vers 24), ontering van hulle liggame (vers 26) en aan ‘n verdraaide opvattings (vers 28). Die betekenis is dat die mensdom gekies het om sy eie pad te gaan en God het dit toegelaat. Die mensdom is die vryheid toegestaan om selfs verder te gaan verdwaal, ‘n straf op vorige sonde.

Niks hiervan sê dat almal met VIGS/MIV skuldig is aan seksuele sonde of dat homoseksueles nie gered kan word nie. Tragies genoeg, sommige mense is met VIGS/MIV besmet deur bloedoortappings, deur onskuldige kontak met ‘n ander persoon wat dit het en hartseerste is, deur swangerskap as die moeder besmet is. Die Christen se optrede teenoor hierdie siektes moet altyd een van genade en omgee wees. Dit maak nie saak hoe ‘n siekte oorgedra is nie, ons verantwoordelikheid bly om draers van genade, liefde barmhartigheid en vergifnis te wees. Ons het nie die reg of outoriteit om te beweer dat VIGS/MIV oordrag ‘n spesifieke straf van God op ‘n spesifieke sonde in ‘n persoon se lewe is nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid om aan almal goed te doen (Luk 10:29-37) en die evangelie wat ons verkondig is steeds “’n krag van God tot redding van elkeen wat glo” (Rom 1:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor VIGS/MIV? Is VIGS/MIV ‘n straf van God af?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries