Vraag
Is dit werklik waar dat ALLE dinge by God moontlik is?
Antwoord
Aangesien God enigiets kan doen wat Hy wil, sal God nie dinge doen wat teen Sy heilige wil sou wees of in kontras met Sy doelwitte nie. Hy kan geen sonde doen nie, byvoorbeeld, want Hy is volkome heilig en om te sondig is nie deel van Sy karakter nie.
Sommige sal steeds vra of enigiets nie moontlik sou wees vir ‘n almagtige godheid nie? ‘n Voorbeeld kan dalk help: “Kan God ‘n klip so swaar maak dat Hy dit nie kan optel nie?” Hierdie vraag bevat ‘n paradoks: indien die Here so almagtig is dat Hy ‘n klip kan maak met oneindige gewig, hoe kan dit nie vir Hom moontlik wees, aangesien Hy almagtig is, om dit op te tel nie? Tog, aangesien die klip oneindig swaar weeg, hoe sou dit vir Hom moontlik wees om dit op te tel? Mense argumenteer dat sou Hy nie die klip kon maak nie, Hy nie almagtig is nie en sou daar ‘n klip wees wat Hy nie kon optel nie, sou Hy ook nie almagtig wees nie. Die gedagte op sigelf is kontrasterend en buite die perke van logika. God se almagtigheid bewys dat Hy die mag het om enigiets te doen wat moontlik gedoen kan word. Dit beteken nie dat God in staat is om Homself te weerspreek nie. Hy sal nie Sy karakter weerspreek nie.
Deur dit te sê, sien ons dwarsdeur die Bybel dat God almagtig is – in alles almagtig – nie gelykstaande of oortref deur iemand of enigiets nie. Toe God die droë pad in die magtige Jordaanrivier gemaak het en die volk veilig laat deurgaan het, sê Josua 4:24, “Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kan besef dat die mag van die Here groot is en sodat julle die Here julle God altyd sal dien.” Soortgelyk in Jer 32:26-27, “Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: ‘Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?’” Verder sien ons in Hebr 1:3, “Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur Sy magswoord in stand.” Hierdie verse en nog ander wys dat alle dinge binne God se wil moontlik is vir Hom.
Die engel in Lukas 1:36-37 het aan Maria gesê, “Kyk, ‘n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ‘n seun ontvang en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie.” Sommige vra dat as niks vir God onmoontlik is nie, beteken dit dat ek vinniger as ‘n motor kan hardloop of teen ‘n hoë gebou opklim met een sprong? Dit is volkome in God se mag om daardie dinge moontlik te maak, maar daar is niks in die Skrif wat aandui dat dit God behaag om dit moontlik te maak nie. Iets wat vir God moontlik is, verplig Hom nie om dit te doen nie. Ons moet deeglik bekend wees met die Skrif, sodat ons kan weet wat vir God welbehaaglik is en wat Hy belowe het en sodoende weet wat God in ons lewens moontlik wil maak.
Wanneer ons al ons hemelse Vader se magtige bonatuurlike werke regdeur die Bybel sien, dan besef ons dat Hy inderdaad by magte is om menslike gebeure te skuif soos die tyd aanloop, ten spyte van die feit dat dinge onmoontlik lyk - alles tot Sy glorieryke planne.
English
Is dit werklik waar dat ALLE dinge by God moontlik is?