settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek weet of my hartsbegeertes van God afkomstig is?

Antwoord


Jesus antwoord hierdie vraag vir ons in Matt 15:19, “Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, valse getuienis, kwaadpratery. En dan in Mark 7:20-23: “wat van binne af uit ‘n mens kom, dit maak ‘n mens onrein. Van binne af, uit die hart van ‘n mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak ‘n mens onrein.”

In hierdie gedeeltes openbaar Jesus die bron van ons behoeftes: ons vleeslike begeertes kom van diep uit ons binneste. Sonde kom nie slegs as ‘n resultaat van magte buite ons nie. Dit word gebore in die versteekte hoekies van ons gedagtes en intensies, vanaf die geheime begeertes wat slegs die verstand en hart voor die gees kan roep. Die belangrikste aspek is dat, in ons gevalle toestand, kom die begeertes in ons hart nie van God nie. Jeremia bevestig die natuur van ‘n mens se hart in Jer 17:9: “Die hart is begriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?”

Dit is lank reeds die siening van baie dat alle mense basies goed en ordentlik is en dat dit die omstandighede van die lewe is, soos armoede of arm versorging wat ons in moordenaars en diewe verander. Die Bybel leer egter dat alle mense ly as gevolg van ‘n gevallenheid – sonde. Die apostel Paulus noem dit ons sondige natuur in Rom 7:18-20: “Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.” Ons sondige harte lei ons tot sonde.

Verderaan, is die hart so korrup en misleidend dat ons motiewe onduidelik is, selfs ten opsigte van onsself. As sondige wesens skep en bedink ons bose dinge in die arrogansie en selfvoldaanheid van ons harte (Spreuke 16:30; Ps 35:20; Miga 2:1; Rom 1:30). Die waarheid is dat net God ons diepste motiewe en innerlike begeertes kan ondersoek en slegs deur Sy krag kan ons ooit hoop om die onsekerheid en gebrokenheid te ontrafel, wat in ons harte saam gebind word. Hy alleen deursoek alles en ken ons intiem (Hebr 4:11-13).

Gelukkig verlaat God ons nie in ons stryd teen pynlike begeertes en sondige neigings nie. In plaas daarvan voorsien Hy die genade en krag wat ons benodig om sonde te weerstaan en te oorkom, wanneer dit aan die deur van ons harte klop. Die Psalmis sê in Ps 37:4-6, “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.”

God kan letterlik Sy eie begeertes in die mens se hart plant, die hart wat sonder Hom sleg en bedrieglik en desperaat is. Hy vervang die boosheid met die goeie en plaas ons harte op die pad wat na Hom toe lei, verwyder ons begeertes en vervang dit met Syne. Dit gebeur slegs as ons berouvol na Hom toe draai en die geskenk van verlossing deur die Here Jesus Christus aanvaar. Op daardie oomblik verwyder Hy ons harte van klip en vervang dit met harte van vlees (Eseg 11:19). Hy doen dit deur die bonatuurlike inplanting van Sy Gees in ons harte. Dan word ons begeertes Sy begeertes, ons wil soek om Sy wil te doen en ons rebellie verander in vreugevolle gehoorsaamheid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek weet of my hartsbegeertes van God afkomstig is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries