settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die belangrikheid van verantwoordelikheid?

Antwoord


Daar is alreeds baie versoeking in vandag se wêreld en Satan werk oortyd om meer daarvan te skep. In die lig van sulke versoeking, soek baie Christene ‘n “verantwoordelike maat” om mee saam te bid en om die laste wat saam met geestelike oorlogvoering kom, te help deel. Dit is goed om ‘n broer of suster te hê op wie ons kan staatmaak, wanneer ons versoekings in die gesig staar. Koning Dawid was alleen die aand toe Satan hom verlei het, om met Batseba owerspel te pleeg (2 Sam 11). Die Bybel is duidelik daaroor dat ons nie ‘n oorlog in die vlees voer nie, maar in die gees, teen kragte en geestelike magte wat ons bedreig (Ef 6:12).

Wetende dat ons in ‘n geveg teen die magte van die duisternis is, moet ons soveel as moontlik hulp kry om onsself teenoor ‘n ander gelowige verantwoordelik te hou, om ons in die geveg te bemoedig. Paulus vertel vir ons dat ons ons moet toerus met alle krag wat God voorsien, om hierdie geveg teen te staan: “Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan” (Ef 6:13). Ons weet sonder twyfel dat versoeking gaan kom en ons moet voorbereid wees.

Satan ken ons swakhede en hy weet dat ons feilbaar is. Hy weet as ‘n getroude paar baklei en miskien die gevoel het dat iemand anders beter sal verstaan en simpatiek sal optree. Hy weet wanneer ‘n kind deur sy ouers gestraf is en miskien vermakerig voel. Hy weet as dinge by die werk nie goed verloop nie en hy weet presies waar die kroeg is, op pad huis toe. Waar vind ond hulp? Ons wil doen wat reg is in God se oë, maar ons is swak. Wat doen ons?

Spreuke 27:17 sê, “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” ‘n Vriend se gesigsuitdrukking is ‘n kyk of uitdrukking van bemoediging of morele ondersteuning. Wanneer laas het ‘n vriend jou gebel om net te hoor hoe dit gaan? Wanneer laas het jy ‘n vriend gebel en gevra of sy dalk wil gesels oor iets? Bemoediging en morele ondersteuning van ‘n vriend is soms die verlore skakel in die geveg teen Satan. Om verantwoordelik te wees teenoor mekaa,r kan daardie verlore bestanddele voorsien.

Die skrywer van Hebreërs het dit opgesom, toe hy gesê het, “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade...en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom” (Heb 10:24-25). Die liggaam van Christus is afhanklik van mekaar en elkeen van ons het ‘n plig om mekaar op te bou. Jakobus verwys ook na verantwoordelikheid as hy sê, “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking” (Jak 5:16).

Verantwoordelikheidsin het groot waarde in die geveg om sonde te oorwin. ‘n Verantwoordelike maat kan daar wees om jou te bemoedig, te bestraf, te onderrig, saam met jou bly te wees en saam te huil. Elke Christen moet dit oorweeg om ‘n verantwoordelike maat te hê, saam met wie hy/sy kan bid, praat, bieg en bely. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die belangrikheid van verantwoordelikheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries