settings icon
share icon
Vraag

Wat is die betekenis van die kruis?

Antwoord


Basies is die betekenis van die kruis “dood.” Van ongeveer die 6de eeu v C tot die 4de eeu n C, was die kruis ‘n instrument van teregstelling wat uitgeloop het op die dood, toe te skryf aan die wreedste en pynlikste maniere. Met ‘n kruisiging was die persoon vasgemaak of vasgespyker aan ‘n houtkruis en gelos om daar te hang tot die dood ingetree het. Die dood was stadig en uiters pynigend. Tog , as gevolg van Christus en Sy dood aan die kruis, is die betekenis van die kruis vandag heeltemal anders.

Vir die Christendom is die kruis die snyding van God se liefde en Sy oordeel. Jesus Christus is die Lam van God wat die sonde van die wêreld weggeneem het (Joh 1:29). Die verwysing na Jesus as die Lam van God wys terug na die instelling van die Joodse Paasfees in Eksodus 12. Die Israeliete was beveel om ‘n vleklose lam te offer en dan die bloed van daardie lam aan die deurkosyne van hul huise te smeer. Die bloed sou die teken wees vir die Doodsengel om daardie huis te “pass over,” en hulle wat deur die bloed bedek is, in veiligheid te laat. Toe Jesus na Johannes gekom het om gedoop te word, het Johannes Hom herken en uitgeskreeu, “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29), sodoende het hy Hom geïdentifiseer en ook God se plan vir Jesus, om die offerande vir sonde te wees.

‘n Mens kan vra waarom Jesus in die eerste plek moes sterwe. Dit is die oorkoepelende boodskap van die Bybel – die storie van redding. God het die hemel en die aarde geskep en Hy het man en vrou geskep na Sy beeld en hulle in die Tuin van Eden geplaas, om Sy rentmeesters op die aarde te wees. As gevolg van die versoekings van Satan (die slang), het Adam en Eva gesondig en God se genade verloor. Verderaan het hulle die vloek van sonde op hul kinders geplaas, sodat elkeen hul sonde en skuld erf. God die Vader het Sy enigste Seun na die wêreld gestuur, om mens te word en om die Verlosser van Sy mense te wees. Omdat Jesus uit ‘n maagd gebore is, het Hy die vloek van die sondeval vermy, wat alle ander menslike wesens infekteer. As die sondelose Seun van God, kon Hy die vleklose offer wat God vereis, voorsien. God se regverdigheid spreek oordeel en straf vir sonde; God se liefde het Hom beweeg om Sy enigste Seun te stuur as versoening vir sonde.

As gevolg van Jesus se versoendood aan die kruis, ontvang hulle wat in Hom glo vir verlossing die gewaarborgde ewige lewe (Joh 3:16). Hierdie konsep van “kruisdra” het baie van sy oorspronklike betekenis verloor: Ons gebruik “kruisdra” in ongemaklike of moeilike omstandighede (bv. “my moeilike tiener is my kruis om te dra”). Ons moet egter in gedagte hou dat Jesus Sy dissipels roep om hulself oor te gee, in radikale selfverloëning. Die betekenis het slegs een ding beteken vir ‘n eerste-eeuse persoon – “dood.” Matt 16:25, “wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.” Galasiërs herhaal hierdie tema van die dood van die sondige self en opstaan om in die nuwe lewe deur Christus in te stap: “ek is saam met Christus gekruisig en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat Sy liefde vir my bewys het, deur Sy lewe vir my af te lê” (Gal 2:20).

Daar is plekke in die wêreld waar Christene vervolg word, selfs tot die punt om te moet sterf vir hul geloof. Hulle weet wat dit beteken om hul kruis te dra en Jesus op die regte manier te volg. Vir hulle wat nie op so ‘n wyse vervolg word nie, staan die vereistes steeds om aan Christus getrou te bly. Selfs al word ons nooit geroep om die hoogste offer te gee nie, moet ons gewillig wees om dit uit liefde te doen vir die Een wat ons gered het en Sy lewe vir ons gegee het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die betekenis van die kruis?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries