settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om God te bevraagteken?

Antwoord


Wat ter sprake is, is nie of ons God mag bevraagteken nie, maar op watter wyse—en vir watter rede—ons Hom bevraagteken. Om God te bevraagteken is op sigself nie verkeerd nie. Die profeet Habakuk het vrae vir God gehad omtrent die tydsberekening en die werking van die Here se plan. Habakuk was, in plaas van berispe, geduldig geantwoord, en die profeet sluit sy boek af met ‘n lofprysing aan die Here. Baie vrae word aan God gestel in die Psalms (Psalms 10, 44, 74, 77). Hierdie is die krete van die vervolgdes wat desperaat is vir God se ingryping en verlossing. Alhoewel God nie altyd ons vrae antwoord op die wyse wat ons wil hê nie, kan ons uit die Skrifgedeeltes aflei dat ‘n opregte vraag vanuit ‘n gretige hart deur God verwelkom word.

Onopregte vrae, of vrae vanuit ‘n skynheilige hart, is ‘n ander saak. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6). Nadat Koning Saul aan God ongehoorsaam was, was sy vrae nie beantwoord nie (1 Samuel 28:6). Dit is heeltemal anders om te wonder waarom God sekere dinge toelaat, as wat dit is om God se goedheid te bevraagteken. Om te twyfel is anders as om God se soewereïniteit te bevraagteken en Sy karakter aan te val. Kortliks, ‘n eerlike vraag is nie sonde nie, maar ‘n verbitterde, onbetroubare, of opstandige hart is. God word nie deur vrae geïntimideer nie. God nooi ons uit om intieme gemeenskap met Hom te geniet. Wanneer ons “God bevraagteken,” behoort dit vanuit ‘n nederige gees en in ootmoed te wees. Ons kan God bevraagteken, maar ons moet nie ‘n antwoord verwag as ons nie opreg in Sy antwoord belangstel nie. God ken ons harte, en weet of ons opreg na Sy openbaring soek. Die gesindheid van ons hart bepaal of dit reg of verkeerd is om God te bevraagteken.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om God te bevraagteken?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries