Vraag
Wat sê die Bybel oor die onderwerp om vir die dooies te bid?
Antwoord
Om vir die dooies te bid, is nie ‘n bybelse konsep nie. Ons gebede dra nie gewig vir iemand as h/sy reeds dood is nie. Die realiteit is, dat, as die dood ingetree het, die ewige bestemming reeds bepaal is. Of hy gered is deur geloof in Christus en in die hemel is, waar hy rus geniet en vreugde in God se teenwoordigheid en of hy in pyniging in die hel is nie. Die storie van die ryk man en Lasarus, die bedelaar, voorsien ons van ‘n duidelike illustrasie van hierdie waarheid. Jesus het hierdie verhaal gebruik om in eenvoud te leer dat, na die dood die onregverdiges vir ewig van God geskei is, dat hulle hul verwerping van die evangelie onthou, dat hulle gepynig word en dat hul toestand nie herstel kan word nie (Luk 16:19-31).
Dikwels word mense wat ‘n geliefde deur die dood verloor het, aangemoedig om vir hom/haar te bid en vir hul families. Dit is belangrik dat ons vir die treurendes bid, maar vir die dooies, nee. Niemand moet ooit glo dat iemand in staat sal wees om vir hom/haar te bid na die dood nie, dat een of ander soort gunstige uitwerking sal plaasvind nie. Volgens die Bybel word die ewige staat van die mensdom bepaal deur ons optredes gedurende ons aardse lewens. “Die mens wat sondig, sal sterwe……Wie leef volgens My wil, sal die vrugte daarvan pluk. Wie goddeloos is, sal die straf daarvoor dra” (Eseg 18:20).
Die skrywer aan die Hebreërs sê, “’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel” (Heb 9:27). Hierdeur verstaan ons dat geen verandering in iemand se geestelike toestand gemaak kan word na sy dood nie – nie deur homself nie en ook nie deur ander se pogings nie. As dit nodeloos is om vir die lewendes te bid, wat ‘n sonde doen wat tot die dood lei (1 Joh 5:16), dit is, om aan te hou sondig sonder om vergifnis by God te soek, hoe kan gebed vir hulle wat alreeds dood is, tot hulle voordeel wees, aangesien daar geen na-doodse plan vir redding is nie?
Die punt is dat elkeen van ons net een lewe het en ons is verantwoordelik vir hoe ons ons lewe leef. Ander kan ons keuses beïnvloed, maar uitendelik moet ons verslag doen van die keuses wat ons maak. As die lewe eers verby is, is daar geen keuses meer om te maak nie; ons het dan geen keuse meer nie, net om die oordeel in die gesig te staar. Die gebede van ander kan hul begeertes bekend maak, maar hulle kan nie die uitkoms verander nie. Die tyd om vir iemand te bid, is terwyl hy/sy lewe en dan is daar steeds die moontlikheid dat sy/haar hart, optredes en gedrag kan verander word (Rom 2:3-9).
Dit is natuurlik om in tye van pyn, lyding en by die dood van geliefdes en vriende te bid, maar ons ken die grense van waardevolle gebed soos dit in die Bybel geopenbaar word. Die Bybel is die enigste amptelike gebedshandleiding en dit leer ons dat gebede vir die dooies vrugteloos is. Tog vind ons die beoefening daarvan in sekere areas van die “Christendom.” Rooms Katolieke teologie, byvoorbeeld, laat gebede toe, beide vir die dooies en in belang van hulle. Maar selfs die Katolieke owerhede erken dat daar geen eksplisiete magtiging vir gebede in belang van die dooies in die 66 boeke van die kanonieke Skrif is nie. In stede daarvan, verskyn hulle voor die Apokriewe (2 Makkabees 12:46), kerktradisie, die dekreet van die Raad van Trent, ensovoorts, om die praktyk te verdedig.
Die Bybel leer dat hulle wat aan die Verlosser se wil gehoorsaam is (Heb 5:8-9) direk en onmiddellik na die dood die teenwoordigheid van die Here betree(Luk 23:43; Fil 1:23; 2 Kor 5:5, 8). Watter behoefte het hulle dan aan die aardse mense se gebede? Terwyl ons simpatiseer met diegene wat geliefdes verloor het, moet ons in gedagte hou dat “nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2 Kor 6:2). Aangesien die konteks na die evangelietydperk as ‘n geheel verwys, is die vers van toepassing vir enige individu wat onvoorbereid is om die onvermydelike in die gesig te staar – dood en die oordeel wat volg (Rom 5:12; 1 Kor 15:26; Heb 9:27). Die dood is finaal en daarna, sal geen prys voldoende wees vir‘n persoon wat die verlossing verwerp het, tydens die lewe op aarde nie.
English
Wat sê die Bybel oor die onderwerp om vir die dooies te bid?