Vraag
Wat is die Boek van die Lewe?
Antwoord
Openbaring 20:15 verklaar, “As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.” Die boek van die lewe, in hierdie konteks, is die name van hulle wat vir ewig saam met God in die hemel sal lewe. Dit is hulle wat gered is. Hierdie boek van die lewe word ook genoem in Openbaring 3:5; 20:12 en Fil 4:3. Dieselfde boek word ook genoem “Die Boek van die Lam van die Lewe,” want dit bevat die name van hulle wat verlos is deur die bloed van die Here Jesus (Openbaring 13:8; 21:27).
Hoe kan jy seker wees dat jou naam in die boek van die lewe geskryf is? Maak seker dat jy gered is. Bely jou sonde en glo in die Here Jesus Christus as jou Verlosser (Fil 4:3; Openbaring 3:5). As jou naam eers in die boek van die lewe geskryf staan, word dit nooit uitgevee nie (Openbaring 3:5; Rom 8:37-39). Geen ware gelowige moet twyfel oor sy /haar ewige sekuriteit in Christus nie (Joh 10:28-30).
Die groot wit troon van oordeel wat in Openbaring 20:11-15 beskryf word, is die oordeel vir ongelowiges. Daardie gedeelte maak dit duidelik dat niemand in daardie oordeel, se naam in die boek van die lewe geskryf is nie (Openbaring 20:12-14). Die noodlot van die goddelose is geseël; hul name is nie in die boek van die lewe nie; hul straf is seker. Sommige mense verwys na Openbaring 3:5 as “bewys” dat ‘n persoon sy/haar verlossing kan verloor. Die belofte in Openbaring 3:5 egter is duidelik dat die Here nie ‘n naam sal uitvee nie: “Elkeen wat die oorwinning behaal……Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie.” ‘n Oorwinnaar is een wat seëvier oor die versoekings, beproewinge en booshede van hierdie wêreld – met ander woorde, een wat verlos is. Die verlostes word opgeskryf in God se register en het die belofte van ewige sekuriteit.
‘n Ander gedeelte wat ook soms verwaring veroorsaak, is Ps 69:28-29: “Reken ook dit by hulle skuld, sodat hulle nie vrygespreek word nie! Skrap hulle name uit die boek van die lewe.” Hierdie “boek van die lewe” moet nie verwar word met die Boek van die Lam van die Lewe nie. Dawid verwys hier na aardse, fisiese lewe, nie ewige lewe in die hemel nie. Dieselfde is waar van die “boek” wat in Eks 32:32-33 genoem word.
God hou rekord en Hy weet wie Sy eie is en Hy het Sy kinders se name permanent in Sy boek geskryf.
English
Wat is die Boek van die Lewe?