settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor jaloesie?

Antwoord


Wanneer ons die woord “jaloesie” gebruik, gebruik ons dit in die sin van afgunstig wees of iemand besit iets wat ons nie het nie. Hierdie soort jaloesie is sonde en is nie kenmerkend van ‘n Christen nie, maar wys eerder dat ons deur ons eie begeertes beheer word (1 Kor 3:3). Gal 5:26 sê, “Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie”.

Die Bybel leer ons dat ons die volmaakte soort liefde sal hê as wat God vir ons het. “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie” (1 Kor 13:4-5). Hoe meer ons op onsself en ons eie begeertes fokus, hoe minder is ons daartoe in staat om op God te fokus. Indien ons ons harte verhard vir die waarheid, kan ons nie na Jesus toe draai en Hom toelaat om ons te genees nie (Matt 13:15). Wanneer ons egter die Heilige Gees toelaat om ons te beheer, sal Hy die vrug van ons verlossing in ons produseer: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22-23).

Om jaloers te wees, dui aan dat ons nie tevrede is met dit wat God vir ons gegee het nie. Die Bybel leer ons om tevrede te wees met wat ons het, want God sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie (Heb 13:5). Om jaloesie teë te werk, moet ons meer soos Jesus word en minder soos onsself. Ons kan Hom leer ken deur Bybelstudie, gebed en deur tyd te spandeer met volwasse gelowiges. As ons leer om ander te dien, in plaas van onsself, sal ons harte begin verander. “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Rom 12:2). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor jaloesie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries