settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor kosse wat ons moet eet (kosher)? Is daar kosse wat ‘n Christen moet vermy?

Antwoord


In Lev 11 kry ons die dieet-beperkings wat God aan die volk Israel gegee het. Dit sluit in die verbode kosse soos varkvleis, skulpdiere, die meeste insekte, aas-etende voëls en verskeie ander diere. Hierdie reëls was nooit veronderstel om vir enigiemand anders te geld, as net vir die Israeliete nie. Die doel van hierdie koswette was om die Israeliete te onderskei van die ander volke. Nadat hierdie doelstelling beëindig is, het Jesus alle kos rein verklaar (Mark 7:19). God het aan die apostel Petrus ‘n gesig gewys, waarin Hy verklaar het dat diere wat voorheen as onrein verklaar is, geëet kan word: “Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie” (Hand 10:15). Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy die Ou Testamentiese wet vervul (Rom 10:4; Gal 3:24-26; Ef 2:15). Dit sluit die wette aangaande rein en onrein kosse in.

Volgens Rom 14:1-23 is nie almal volwasse genoeg in die geloof, om die feit te aanvaar dat alle kos rein is nie. As ons dus saam met iemand eet, wat aanstoot sou neem indien ons “onrein” kos eet, moet ons reg optree, sodat ons nie die ander persoon afstoot nie. Ons het die reg om alles te eet wat ons wil, maar ons het nie die reg om ander mense aanstoot te gee nie, selfs al is hulle verkeerd. Dus het die Christen van hierdie eeu die Vryheid om enigiets te eet, solank as dit net nie iemand anders in sy/haar geloof laat struikel nie.

In die nuwe Genadeverbond is die Bybel baie meer begaan oor hoeveel ons eet, as wát ons eet. Fisiese eetlus staan direk in lyn met ons vermoë om onsself te beheer. As ons nie ons eetgewoontes kan beheer nie, is ons waarskynlik ook nie in beheer van gewoontes soos wellus, begeerlikheid, onregverdige haat/woede en skinder of twis nie. Ons moenie dat ons eetlus ons beheer nie; óns moet dit beheer (Deut 21:20; Spreuke 23:2; 2 Pet 1:5-7; 2 Tim 3:1-9; 2 Kor 10:5). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor kosse wat ons moet eet (kosher)? Is daar kosse wat ‘n Christen moet vermy?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries