settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor spoke/agtervolgings?

Antwoord


Is daar so iets soos spoke? Die antwoord hang af van wat presies met die term “spoke” bedoel word. Indien die term “geestelike wesens” beteken, is die kwalifiserende antwoord “ja”. Indien die term “geeste van gestorwenes” beteken, is die antwoord “nee”. Die Bybel maak dit baie duidelik dat daar geestelike wesens is, beide goed en boos. Die Bybel ontken dat daar geeste van gestorwe mense op aarde kan wees en die lewendes agtervolg.

Heb 9:27 verklaar, “’n Mens is bestem om net een maal te sterf en daarna kom die oordeel”. Dit is wat met ‘n persoon se siel-gees na die dood gebeur, die oordeel. Die resultaat van hierdie oordeel is hemel vir die gelowige (2 Kor 5:6-8; Fil 1:23) en hel vir die ongelowige (Matt 25:46; Luk 16:22-24). Daar is geen tussenfase nie. Daar bestaan geen moontlikheid om op aarde in die vorm van ‘n “spook” te vertoef nie. Indien daar, volgens die Bybel, sulke goed soos spoke is, kan hulle onder geen omstandighede ontliggaamde geeste van gestorwe menslike wesens wees nie.

Die Bybel onderrig baie duidelik dat daar wel geestelike wesens is, wat met ons fisiese wêreld kan kontak maak en ook verskyn. Die Bybel identifiseer hierdie wesens as engele en demone. Engele is geestelike wesens wat getrou in diens van God staan. Engele is regverdig, goed en heilig. Demone is gevalle engele, wat teen God gerebelleer het. Demone is boos, verleidelik en vernietigend. Na aanleiding van 2 Kor 11:14-15 manifesteer demone as “engele van die lig” en as “mense wat die wil van God doen”. Om as ‘n “spook” te verskyn en in die persoon van ‘n gestorwe menslike wese te voorskyn te tree, lyk definitief asof dit binne die mag en vermoëns van duiwelbesetenheid lê.

Volgens die Bybel is die naaste voorbeeld van “agtervolging” in Mark 5:1-20. ‘n Legioen van duiwels het ‘n man beset en hom gebruik om in ‘n begraafplaas rond te dwaal. Daar was geen spoke betrokke nie. Dit was die geval van ‘n normale persoon wat deur demone beheer was, om mense in daardie area te terroriseer. Demone soek net om te steel, te slag en uit te roei (Joh 10:10). Hulle sal enigiets in hul vermoë doen om mense te mislei – van God af weg te lei. Dit is baie soortgelyk aan die verklaring van “spookagtige” aktiwiteit in die huidige tyd. Wat dit ook al genoem word: spook, ‘n grafskender of ‘n kwelgees, maar as daar werklik bose geestelike aktiwiteit plaasvind, dan is dit die werk van demone.

Wat van gebeure waar “spoke” op “positiewe” wyse handel? Wat van spiritistiese mediums wat beweer dat hulle die gestorwene oproep en sodoende ware en bruikbare inligting van hul kry? Weer eens is dit belangrik om te onthou dat die doelwit van demone is, om te mislei. Indien die resultaat is dat mense eerder in die medium glo, as in God, sal ‘n demon baie gewilliger wees om ware informasie deur te gee. Selfs goeie en ware inligting vanaf ‘n bron met bose motiewe, kan misleidend, korrup en vernietigend wees.

Belangstelling in die ongewone het baie toegeneem en algemeen geword. Daar is individue en besighede wat bekend is as “spookjagters” en wat teen betaling jou huis wil bevry van spoke. Spiritistiese mediums, séances (byeenkomste waar mense met afgestorwenes kontak maak) en tarot-kaarte word al meer en meer as normaal beskou. Menslike wesens is van nature bewus van die geestelike wêreld. Dis hartseer dat baie mense toelaat dat hul verlei word deur die geesteswêreld, in plaas daarvan om die waarheid te soek, deur met God te kommunikeer en Sy Woord te bestudeer. Die demone lag sekerlik oor die massa-verleiding in die wêreld, aangaande die geestespersepsies wat heers. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor spoke/agtervolgings?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries