settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor vrees?

Antwoord


Die Bybel praat van twee spesifieke soorte vrees. Die eerste tipe is heilsaam en is bemoedigend. Die tweede tipe is nadelig en moet oorkom word. Tipe een is vrees van die Here. Dit beteken nie om noodwendig bang te wees vir iets nie. Dit is eerder eerbiedige ontsag vir God; ‘n eerbied vir Sy almag en glorie. Tog is dit ‘n behoorlike respek vir Sy wraak en woede. Met ander woorde, die vrees van die Here is ‘n algehele erkenning van alles wat God is en dit kom deur Hom te ken, asook Sy eienskappe.

Vrees van die Here bring baie seëninge en voordele mee. Dit is die begin van wysheid en lei tot goeie begrip (Ps 111:10). Slegs dwase verwerp wysheid en dissipline (Spreuke 1:7). Hierdie vrees lei ook tot lewe, rus, vrede en tevredenheid (Spreuke 19:23). Dit is die fontein van lewe (Spreuke 14:27) en dit voorsien sekuriteit en ‘n plek van veiligheid vir ons (Spreuke 14:26).

Dus kan ons sien hoe die vrees van God aangemoedig moet word. Die tweede tipe vrees is egter glad nie voordelig nie. Dit is die “Spirit of fear” wat ons lafhartig maak in 2 Tim 1:7, “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing”. ‘n Gees wat bang en lafhartig is, kom nie van God af nie.

Dit is egter so dat ons soms bang voel en dat hierdie “spirit of fear” ons oorweldig. Om dit te oorkom, moet ons vertrou op God en Hom liefhê met ons hele wese. “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie” (1 Joh 4:18). Niemand is volmaak nie en God weet dit. Dit is waarom Hy vryelik bemoediging teenoor vrees, regdeur die Bybel aanspreek. Vanaf Genesis en dwarsdeur Openbaring herinner God ons om nie te vrees nie.

Jes 41:10 bemoedig ons, “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red Ek jou”. Dikwels vrees ons die toekoms en wat van ons sal word. Jesus herinner ons dat God vir die voëls van die lug sorg en hoeveel te meer sal Hy vir ons omgee, Sy kinders? Matt 10:31, “Moet dan nie bang wees nie. Julle is baie meer werd as baie mossies”. Net hierdie paar verse praat van baie verskillende tipes vrees. God sê dat ons nie moet bang wees om alleen of te swak te wees of om nie gehoor te word nie of om fisiese benodigdhede kort te kom nie. Hierdie vermanings kom regdeur die Bybel voor en dek die baie verskillende aspekte van die “spirit of fear”.

In Ps 56:12 skryf die Psalmis, “In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ‘n mens aan my doen?” Dit is ‘n wonderbaarlike getuienis oor die krag van vertroue op God. Ongeag van wat gebeur, sal die Psalmis op God vertrou, omdat hy die krag van God ken en verstaan. Die sleutel om vrees te oorkom, is dan totale en algehele vertroue op God. Om op God te vertrou, is ‘n weiering om in te gee vir vrees. Dit is om jou na God toe te wend in die donkerste tye en hom te vertrou om dinge reg te maak. Hierdie vertroue kom deur God te ken en te weet dat Hy goed is. Soos Job gesê het, toe hy van die moeilikste beproewings wat in die Bybel genoem word, deurgemaak het, “Though He slay me, yet will I trust in Him” (Job 13:15, NKJV). Hierdie Engelse vertaling stel dit baie duidelik.

As ons eers geleer het om ons vertroue op God te stel, sal ons nie langer bang wees vir dinge wat op ons pad kom nie. Ons sal soos die Psalmis wees wat met sekerheid gesê het, “Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat U Naam liefhet, en hulle juig oor U (Ps 5:12). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor vrees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries