settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Christelike siening van aftrede?

Antwoord


Wanneer ‘n Christen aftree-ouderdom bereik, wonder hy/sy wat gedurende daardie jare gedoen moet word. Tree Christene ook af van Christelike diens, wanneer hulle by die werksplek aftree? Hoe moet ‘n Christen aftrede beskou?

Alhoewel daar geen Bybelse beginsel is dat ‘n persoon by sy werk moet aftree wanneer hy ‘n sekere ouderdom bereik nie, is daar die voorbeeld van die Leviete en hul werk in die tabernakel. In Numeri 4 word die Levitiese mans vir diens in die tabernakel aangestel vanaf die ouderdom 25-50. Na die ouderdom van 50, moes hulle aftree uit gereelde diens. Hulle kon nog voortgaan om hul “mede-Leviete” behulpsaam te wees, maar kon nie self in diens bly nie (Num 8:24-26).

Alhoewel ons uit ons beroepe mag aftree (selfs “voltydse” Christelike bediening), mag ons nooit ophou om die Here te dien nie; alhoewel die manier hoe ons Hom dien, mag verander. Daar is die voorbeeld van twee baie oumense in Luk 2:25-38 (Simeon en Anna), wat voortgegaan het om die Here getrou te dien. Anna was ‘n ou weduwee wat daagliks in die tempel met vas en gebed die mense bedien het. Titus 2 sê dat ouer mans en vrouens byvoorbeeld die jonger mans en vrouens moet leer hoe om te lewe.

‘n Mens se ouer jare moenie net alleenlik in die najaag van plesier spandeer word nie. Paulus sê dat die weduwee wat vir plesier leef, dood is, terwyl sy nog lewe (1 Tim 5:6). In teenstelling met Bybelse opdrag, vergelyk mense die aftrede met “najaag van plesier”, indien enigsins moontlik. Dit is nie te sê dat afgetredenes nie gholf, sosiale funksies of ander plesier kan geniet nie. Dit moet egter nie die primêre fokus van ‘n mens se lewe op enige ouderdom wees nie.

In 2 Kor 12:14 lees ons dat die ouers vir die kinders voorsiening moet maak. Die belangrikste voorsiening is egter ‘n mens se geestelike erfenis, wat na die kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders oorgedra kan word. Generasies van nakomelinge is aangeraak deur die getroue gebede van ‘n oupa of ‘n ouma. Gebed is miskien die die vrugbaarste bedienings-uitweg vir afgetredenes.

Die Christen tree nooit uit Christus se diens nie; hy/sy verander net die adres van hul werkplek. Opsommenderwys, wanneer ‘n mens aftree-ouderdom bereik (wat dit ook al behels), kan die beroep verander, maar jou werk om die Here te dien, bly dieselfde. Dit is dikwels hierdie “senior heiliges” wat, na ‘n leeftyd se werk in diens van die Here en ‘n pad saam met Hom, op so ‘n manier die waarhede in God se Woord kan oordra en vertel hoe God in hul lewens gewerk het. Die Psalmis se gebed moet ook ons gebed word as ons ouer word, “Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van U werk en U mag” (Ps 71:18). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Christelike siening van aftrede?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries