settings icon
share icon
Vraag

Waarom het God diere-offerandes in die Ou Testament vereis?

Antwoord


God het diere-offerandes ingestel om tydelike vergewing van sondes te voorsien en om die perfekte en volkome offer van Jesus Christus vooraf te gaan (Lev 4;35, 5:10). Diere-offerandes is ‘n belangrike tema regdeur die Skrif, omdat “sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie” (Hebr 9:22). Toe Adam en Eva gesondig het, is diere deur God doodgemaak om klere aan hul te voorsien (Gen 3:21). Kain en Abel het offerandes vir die Here gebring. Kain s’n was onaanvaarbaar, omdat hy vrugte gebring het, terwyl Abel s’n aanvaar was, want hy het “van die eerstelinge uit sy kudde” geoffer (Gen 4:4-5) Na die vloed teruggetrek het, het Noag diere vir God geoffer (Gen 8:20-21).

God het die volk van Israel beveel om verskillende offerandes te bring, volgens sekere prosedures wat God voorgeskryf het. Eerstens moes die dier vlekloos wees. Tweedens, die persoon wat die offerande gebring het, moes die dier aanwys of uitken. Derdens, die person wat die dier geoffer het, moes dit doodmaak. As dit in geloof gedoen is, het die offerande vergifnis van sonde bewerk. ‘n Ander offerande vir die Dag van Versoening, soos in Lev 16 beskryf word, dui dan op die vergifnis en wegneem van sondes. Die hoëpriester moes twee bokramme vir ‘n sondoffer gebruik. Een van die bokke was ‘n sondoffer vir die volk van Israel (Lev 16:15), terwyl die ander bok vrygelaat word in die woestyn (Lev 16:20-22). Die sonde-offer voorsien vergifnis, terwyl die ander bok die wegneem van sonde daarstel.

Hoekom is daar vandag nie meer diere-offerandes nie? Diere-offers is beëindig, omdat Jesus Christus die volkome en uiterste offer was. Johannes die Doper het daarna verwys toe Jesus na hom gekom het om gedoop te word, “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29). Jy mag dalk wonder waarom diere gebruik is. Wat het hul verkeerd gedoen? Dit is juis die punt – die diere het niks verkeerds gedoen nie en daarom het hul in die plek van die persoon wat die offer gebring het, gestaan. Jesus Christus het ook niks verkeerds gedoen nie, maar Hy het gewilliglik vir die mense se sonde gesterf (1 Tim 2:6). Jesus Christus het ons sonde op Hom geneem en in ons plek gesterf. 2 Kor 5:21 sê, “Christus was sonder sonde, maar God het Hom (Jesus) in ons plek as sondaar behandel, sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.” Deur te glo in wat Jesus Christus aan die kruis gedoen het, kan ons vergewing van sondes ontvang.

Om saam te vat, diere-offerandes is deur God ingestel, sodat die individu vergifnis van sonde kon ontvang. Die dier het as ‘n plaasvervanger gedien – die dier het in die plek van die sondaar gesterf, maar net tydelik en dit is waarom die offers weer en weer geoffer moes word. Dit het egter gestop by Jesus Christus, wat die uiterste en volmaakte offerande was, eenmalige plaasvervanger vir eens en vir altyd (Hebr 7:27). Jeus Christus is nou die Middelaar (Voorspraak) tussen God en die mensdom (1 Tim 2:5). Diere-offerandes het Christus as offer in ons plek uitgebeeld. Die enigste manier hoe die offer van ‘n dier vergifnis van sonde kon voorsien, was deur Christus wat Homself vir ons sondes as offer sou gee. Die vergifnis wat die dier sou bring, moes dus net die kruis voorafgaan en as tydelike plaasvervanger dien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom het God diere-offerandes in die Ou Testament vereis?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries