settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet Christene hulle kinders dissiplineer? Wat sê die Bybel?

Antwoord


Die beste manier om kind dissipline toe te pas is ‘n moeilike aspek, maar dit is wel baie belangrik om te weet wat die Bybel ons daarvan vertel. Party mense dink dat die Bybel slegs fisiese dissipline aanbeveel. Ander glo weer dat om ‘n kind te “hok” en ander tiepes van dissipline wat nie fisies is nie, is meer effektief. Maar wat sê die Byble? Die Bybel leer dat fisiese dissipline reg is, voordelig is en effektief is.

Dit moet duidelik verstaan word dat ons geensins kinder mishandeling voorstaan nie. ‘n Kind moet nooit fisies gedissiplineer word tot ‘n vlak wat daar skade aan die kind berokken word. Volgens die Bybel moet daar slegs regverdige en selfbeheersende fisiese dissipline toegepas word. Dit gevolg moet altyd positief wees en lei tot ‘n positiewe korreksie van die kind.

Baie verse in die Bybel gee ons die voordele van fisiese dissipline. “Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe. Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red” (Spreuke 23:13-14); sien ook 13:24; 22:15; 20:30. Die Bybel maan ons die belangrikheid van dissipline, dit is iets wat ons almal nodig het sodoende produktief te wees, dit is mos altyd beter om te leer terwyl ons nog jonk is. Kinders wat sonder dissipline groot word rebelleer partykeer en het ook nie respek vir gesag nie, en daarom sal hulle dit ook moeilik vind om gehoorsaam aan God te wees. God pas ook dissipline met ons toe wanneer Hy ons korrekteer sodat ons die regte pad kan loop, ‘n pad in Sy wil. Hier deur word ons tot berou gelei vir ons sinvolle aksies (Psalm 94:12; Spreuke 1:7; 6:23; 12:1; 13:1; Jesaja 38:16; Hebreers 12:9).

Om dissipline korrek aan te wend volgens Bybel standaarde moet ouers vertroud wees met skriftuurlike advies in die Bybel. Spreuke het hope vol wysheid wanneer dit kom by kinder opvoeding, soos bv, “ 'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid; 'n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande” (Spreukle 29:15). Hierdie vers dui aan wat sal gebeur indien dissipline nie toe ge pas word nie – skande vir die ouers. Dit is belangrik dat dissipline se doel altyd goedheid nastreef en nooit om mishandeling te reverdig nie. Fisiese dissipline moet nooit toe gepas word terwyl die ouer kwaad is nie, selfbeheersing en liefdevolle benadering is ten alle tye noodsaaklik.

Dissipline is daar om mense te leer en te wys wat die regte ding is om te doen. “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God” (Hebreers 12:11). God se dissipline is liefdevol, en so moet dit ook met ouers teenoor hulle kinders wees. Fisiese dissipline mag nooit langblywende- pyn of emosie veroorsaak nie. Fisiese tugting moet altyd opgevolg word met vertroosting en versekering dat die ouer steeds lief is vir die kind. Hierdie is ook die beste tyd om die kind te vertel van God se dissipline (omdat Hy vir ons lief is) en dat die ouer se dissipline net so toegepas word.

Kan ander vorms van dissipline, soos bv “in-hok” toegepas word instede van fisiese dissipline? Sommige ouers vind dat hul kinders nie goed teenoor fisiese dissipline reageer nie. Hulle vind dat om ‘n kind in te hok of om iets van die kind weg te neem (tydelike ontneming) meer effektief is omsodoende gedrags verandering te weeg te bring. Indien dit wel so is, dan is daar niks met hierdie tiepe fout nie, dit gaan oor die beste metode om gedrags verbetering te bring. Terwyl die Bybel sonder enige twyvel fisiese dissipline voorstaan, moet ons weet dat die hoof doel is om ‘n goddelike karakter daar te stel en nie slegs ‘n spesifieke dissipline metode aan te wys nie.

Wat hierdie saak moeilik maak is dat die staat en regering fisiese dissipline as kinder mishandeling aanspreek (sien). Baie ouers sal dus nie hul kinders fisies dissiplineer nie omrede hulle vrees dat dit gerapporteer sal word en hulle sodoende in ‘n risoko plaas waar die kinders weggeneem sal word. Wat moet ouers dus doen indien die regering fisiese dissipline afskakel? Volgens Romeine 13:1-7, moet ouers hulle onderwerp aan die regering. ‘n Regering behoort eintlik nie teen God se woord gaan nie maar ons lewe in ‘n wereld waar dit wel gebeur. Fisiese dissipline is Bybels en is wel die beste vir die kind. Maar ons moet erken dat dit altyd die beste sal wees om kinders binne die familie band te hou, en dat dit beter is om die kind in die hande van die staat te los.

In Effesiers 6:4 word vaders vertel “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle nie opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil”. Die groot maak van ‘n kind in die “tug en vermaning van die Here” sluit in beheersde, korrektiewe en liefdevolle dissipline.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet Christene hulle kinders dissiplineer? Wat sê die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries