Vraag
Waar profeteer die Hebreeuse Skrif die dood en opstanding van die Messias?
Antwoord
Regdeur die Hebreeuse Skrif, word die belofte van ‘n Messias duidelik gegee. Hierdie messiaanse profesieë was honderde, soms duisende jare voor Jesus Christus se geboorte gemaak en dis duidelik dat Jesus Christus die enigste persoon was wat op aarde gestap het om hulle te vervul. Uiteraard, vanaf Genesis tot Maleagi, is daar meer as 300 spesifieke profesieë wat die koms van die Gesalfde Een beskryf het. Daarby is die profesieë van Sy maagdelike geboorte, Sy geboorte in Betlehem, Sy geboorte vanuit die stam van Juda, Sy geslagsregister vanuit koning Dawid, Sy sondelose lewe en Sy versoenende werk vir die sonde van Sy mense, die dood en opstanding van die Joodse Messias, desgelyks, volledig gedokumenteer in die Hebreeuse profetiese Skrif, lank voor die dood en opstanding van Jesus Christus plaasgevind het in die geskiedenis.
Ps 22 en Jes 53 staan sekerlik uit as die welbekendste profesieë, betreffende die dood van die Messias, in die Hebreeuse Skrif. Ps 22 is veral verbasend, aangesien dit talle aparte elemente aangaande Jesus se kruisiging voorspel het, ‘n duisend jaar voor Jesus gekruisig was. Hier is ‘n paar voorbeelde:
Ps 22:15; Joh 20:25: Die Messias se hande sal “deurboor” word. Die Messias se bene sal nie gebreek word nie (‘n persoon se bene was gewoonlik gebreek na kruisiging om hul dood te vervroeg) (Joh 19:33). Mense sal lootjies trek oor die Messias se klere (Ps 22:19; Matt 27:35).
Jes 53, die klassieke messiaanse profesie, bekend as die “Lydende Dienaar”-profesie praat ook oor die dood van die Messias vir die sonde van Sy mense. Meer as 700 jaar voor Jesus se geboorte, gee Jesaja besonderhede van Sy lewe en sterwe. Die Messias sal verwerp word (Jes 53:3; Luk 13:34). Die Messias sal doodgemaak word as ‘n boosaardige offerande vir die sondes van Sy mense (Jes 53:4-9; 2 Kor 5:21). Die Messias sal stil wees voor Sy aanklaers (Jes 53:7; 1 Pet 2:23). Die Messias sal by die rykes begrawe word (Jes 53:9; Matt 27:57-60). Die Messias sal saam met kriminele in Sy dood wees (Jes 53:12; Markus 15:27).
Bydraend tot die dood van die Joodse Messias, is Sy opstanding uit die dood ook voorspel. Die duidelikste en bekendste van die opstandings-profesieë is een geskrywe deur Israel se koning Dawid in Ps 16:10, ook geskrywe ‘n millennium voor die geboorte van Jesus: “U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.”
Op die Joodse feesdag, Shavuot (Fees van Weke), toe Petrus die eerste evangelieboodskap gepreek het, het hy met dapperheid aangevoer dat God vir Jesus, die Joodse Messias, uit die dood opgewek het (Hand 2:24). Daarna het hy verduidelik dat God hierdie wonderwerk gedoen het om Dawid se profesie in Ps 16 te vervul. Petrus het Dawid se woorde breedvoerig aangehaal, soos in Ps 16:8-11. Sommige jare later het Paulus dieselfde gedoen, toe hy met die Joodse gemeenskap in Antiogië gepraat het. Soos Petrus, het Paulus verklaar dat God Messias Jesus uit die dood laat opstaan het, in vervulling van Ps 16:10 (Hand 13:33-35).
Die opstanding van die Messias word ook sterk in ‘n ander Dawidspsalm geïmpliseer, Ps 22 in verse 19-21, bid die lydende Verlosser vir bevryding vanuit “die bek van die leeu” (‘n metafoor vir Satan). Hierdie desperate gebed word dan dadelik gevolg in verse 22-24 deur ‘n loflied, waarin die Messias God dank dat Sy gebed verhoor is en dat Hy verlos is. Die opstanding van die Messias word duidelik geïmpliseer tussen die beëindiging van die gebed in vers 21 en die begin van die loflied in vers 22b.
En weer terug na Jes 53: na die profetering dat die Lydende Dienaar van God sou ly vir die sondes van Sy mense, volgens die profeet sou Hy “afgesny” word “uit die land van die lewendes.” Maar dan sê Jesaja dat Hy (Messias) sal “’n nageslag hê en nog lank lewe (Jes 53:5, 8, 10). Jesaja gaan voort om die belofte van die opstanding in ander woorde te herbevestig: “Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken” (Jes 53:11).
Elke aspek van die geboorte, lewe, dood en opstanding van Jesus die Messias was geprofeteer in die Hebreeuse Skrif, lank voordat die gebeure ooit ontvou het in die tydsverloop van die menslike geskiedenis. Geen wonder dat Jesus die Messias aan die godsdienstige leiers van daardie tyd sou gesê het, “Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig” (Joh 5:39).
English
Waar profeteer die Hebreeuse Skrif die dood en opstanding van die Messias?