Vraag
Wat is die betekenis en belangrikheid van die doringkroon?
Antwoord
Na Jesus se geveinsde verhore en daaropvolgende lyfstraf en voordat Hy gekruisig was, het die Romeinse soldate ‘n doringkroon gevleg en dit op Sy kop gesit “en gee Hom ‘n stok in Sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: ‘Ons groet u, Koning van die Jode!” (Matt 27:29; Joh 19:2-5). Aangesien ‘n doringkroon uiters pynlik was, was die doringkroon meer oor spottery as oor pyn. Hier was die “Koning van die Jode” geslaan, gespoeg en beledig deur vermoedelik eenvoudige Romeinse soldate. Die doringkroon was die finalisering van hul bespotting, deur gebruik te maak van ‘n simbool van koninklikheid en majesteit, ‘n kroon, en dit te omskep in iets pynliks en ‘n vernederends.
Vir Christene is die doringkroon ‘n herinnering aan twee dinge: (1) Jesus was en is inderdaad ‘n koning. Eendag sal die ganse heelal voor Jesus kniel as die “Koning van die konings en die Here van die heersers” (Openbaring 19:16). Wat die Romeinse soldate bedoel het as ‘n spottery, was uiteraard ‘n beeld van Christus se twee rolle, eerstens van lydende dienskneg (Jes 53) en tweedens van oorwinnende Messias-Koning (Openbaring 19). (2) Jesus was gewillig om die pyn te verduur, die beledigings en die skande, alles op ons rekening. Die doringkroon en die lyding daarmee gepaardgaande, is lank reeds verby en Jesus het nou die kroon ontvang, waarvoor Hy waardig is. “Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van Sy lyding en dood. Hy is ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe” (Hebr 2:9).
Daar is verdere simbolisme ingebou in die doringkroon. Toe Adam en Eva gesondig het, deur boosheid en ‘n vloek oor die wêreld te bring, was deel van die vloek oor die mensdom “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daarin ‘n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet…..” (Gen 3:17-18). Die Romeinse soldate het onwetend ‘n voorwerp van die vloek geneem en dit verander in ‘n kroon vir die Een wat ons van die vloek sou verlos. “Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: ‘Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout opgehang is’” (Gal 3:13). Christus, in Sy volmaakte versoeningsoffer, het ons vrygemaak van die sondevloek, waarvan die doring ‘n simbool is. Wat eintlik bestem was om ‘n bespotting te moes wees, was die doringkroon uiteraard ‘n uitstaande simbool van Wie Jesus is en waarvoor Hy gekom het.
English
Wat is die betekenis en belangrikheid van die doringkroon?