settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om een met die Gees te wees?

Antwoord


Gelowiges het die Gees van Christus, die hoop op die heerlikheid binne-in hulle (Kol 1:27). Diegene wat een met die Gees is, sal daagliks, oomblik na oomblik meer heiligheid toon. Dit gebeur deur doelbewus in geloof op die Heilige gees te vertrou, om deur Hom in gedagte, woord en daad gelei te word (Rom 6:11-14). Om daarin te faal, om op die leiding van die Heilige Gees te vertrou, sal veroorsaak dat ‘n gelowige se roepng en lewenswandel nie ooreenstem met wat sy redding voorsien nie (Joh 3:3, Ef 4:1, Fil 1:27). Ons kan weet dat ons een in die Gees is, wanneer ons lewens die vrugte van die Gees dra: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22,23). Om een met die Gees te wees (met die Gees vervul) is dieselfde, as wanneer die Woord van Christus (die Bybel) ten volle in ons bly (Kol 3:16).

Die gevolg is dankbaarheid, om te sing en vreugde te beleef. (Ef 5:18-20, Kol 3:16). Kinders van God sal deur die Gees van God gelei word (Rom 8:14). Wanneer Christene kies om nie een in die Gees te wees nie, Hom sodoende bedroef maak en teen Hom sondig, is daar voorsiening gemaak vir herstel, deur belydenis van die oortreding (Ef 4:30, 1 Joh 1:9). Om “een in die Gees” te wees, is om die Gees se leiding na te volg. Dit is belangrik om “een met die Gees” te wees, om Hom toe te laat om vir jou die pad aan te wys en jou verstand nuut te maak. Opsommenderwys, netsoos ons Christus deur geloof aangeneem het, so vra Hy ons om in geloof saam met Hom te stap, een met Hom te wees, totdat Hy ons Hemel toe neem en ons van die Koning sal hoor, ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is!” (Kol 2:5, Matt 25:23).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om een met die Gees te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries