Vraag
Hoe kan ek weet of ek een van die uitverkorenes is?
Antwoord
Terwyl daar tallose gedagtes is van wat presies die betekenis van uitverkiesing is, ten opsigte van verlossing, is die feit dat gelowiges uitverkies is, onbetwisbaar (Rom 8:29-30; Ef 1:4-5, 11; 1 Tess 1:4). Eenvoudig gestel, die doktrine van uitverkiesing is dat God kies/bepaal/verkies/voorbeskik wie gered sal word. Dit is nie binne die omvang van hierdie artikel om te bepaal hoe uitverkiesing werk nie. Die vraag is eerder “Hoe kan ek weet of ek een van die uitverkorenes is?” Die antwoord is uitermate eenvoudig: glo!
Volgens die Bybel moet ons nie begaan wees oor ons status van uitverkiesing versus nie-uitverkore nie. God roep ons eerder om te glo, om Jesus Christus as Verlosser aan te neem, uit genade deur geloof (Joh 3:16; Ef 2:8-9). As iemand werklik in Jesus alleen glo vir verlossing, is daardie persoon ‘n uitverkorene. Of geloof uitverkiesing waarborg, of verkiesing geloof tot gevolg het – dit is ‘n ander debat. Maar wat seker is, is dat geloof bewys van uitverkiesing is. Geeneen kan Jesus as Verlosser aanneem, indien God hom/haar nie na Hom toe trek nie (Joh 6:44). God roep/trek hulle wat Hy voorafbeskik /verkies het (Rom 8:29-30). Reddende geloof is nie moontlik sonder goddelike uitverkiesing nie. Dus, reddende geloof is ‘n bewys van uitverkiesing.
Die gedagte aan iemand wat graag gered wil wees, maar onbevoeg is om dit te doen, as gevolg van die feit dat hy/sy nie ‘n uitverkorene is nie, is absoluut vreemd volgens die Bybel. Niemand soek na God se verlossingsplan uit sy eie nie (Rom 3:10-18). Hulle wat sonder Christus is, is blind vir hul behoefte aan verlossing (2 Kor 4:4). Dit begin slegs wanneer God begin om ‘n persoon na Hom toe te trek. Dit is God wat oë oopmaak en die verstand verlig om die behoefte aan te wakker vir Jesus Christus as Verlosser. ‘n Persoon kan nie berou toon (verandering van die verstand betreffende sonde en die behoefte aan verlossing) tensy God die berou toestaan nie (Hand 11:18). Dus, indien jy God se verlosingsplan verstaan en jou behoefte daaraan erken en genoodsaak voel om Jesus Christus as jou Verlosser aan te neem, te glo en dan is jy gered. As jy Jesus Christus as jou Verlosser aangeneem het, deur Hom alleen te vertrou vir verlossing, deur te glo dat Sy offerande die volle prys vir jou sonde betaal het – gelukwense, jy is een van die uitverkorenes.
English
Hoe kan ek weet of ek een van die uitverkorenes is?