Vraag
Hoe eer ons ‘n ouer wat geweld pleeg?
Antwoord
Een van die moeilikste vrae wat ‘n Christen kan vra, is hoe om ‘n ouer te eer wat geweld pleeg, soos God dit in die 5de gebod van die Tien Gebooie beveel (Eks 20:12). Dit sou soveel makliker gewees het as God net gevra het dat ons ons ouers eer as hulle goed, vol omgee en liefdevol teenoor ons is, maar hierdie gebod sê eenvoudig om jou vader en moeder te eer, sonder enige kwalifikasies. Daar is baie gewonde en beseerde mense wat hierdie feitlik onmoontlik vind om te gehoorsaam.
Die word “mishandel” word wyd gedefinieer. ‘n Kind kan goed opgevoed en gevoed wees, in al sy behoeftes voorsien, behalwe die allerbelangrikste behoefte vir liefde en aanvaarding ontbreek. Geen fisiese leed is ooit teenoor hom/haar gepleeg nie, tog, soos elke jaar verbygaan, verskrompel sy/haar gees meer en meer binnekant, totdat hy/sy op die oog af ‘n normale volwassene word, tog aan die binnekant kruppel gelaat deur die afsydigheid van die ouers.
‘n Kind se gees mag op ‘n vroeë ouderdom gebroke wees – alhoewel hy geen fisiese mishandeling deurgemaak het nie – deur gedurig aan hom gesê is dat hy hopeloos is, iemand wat nooit goed genoeg vir enigiets sal wees nie. Alles wat hy aanpak, word hy oor gespot, totdat hy opgee om enigiets te probeer doen. Aangesien baie jong kinders op natuurlike wyse glo wat hul ouers oor hulle sê, is dit so dat die kind wat hierdie behandeling deurmaak, geleidelik in homself sal terugtrek, wegkruip agter ‘n onsigbare muur en net eenvoudig bestaan, eerder as om te leef. Hierdie is die kinders wat grootword en nooit fisiese mishandeling deur hul ouers beleef het nie, maar tog, nieteenstaande, in hul gees kruppel gelaat is. Hulle vind dit moeilik om vriende te maak en het die onvermoë om normaal teenoor ander volwassenes op te tree.
Wat hierbo beskryf is, is die sagter vorms van kindermishandeling. Daar is, vanselfsprekend die meer opvallende soort – die kind wat verwaarloos is, geskop en geslaan en die ergste nog, seksueel mishandel. Nou kom die groot vraag: hoe om God se gebod na te kom om ouers te eer, wat so wreed teenoor hul eie kinders optree.
Die eerste ding om te onthou is dat God ons liefdevolle Hemelse Vader is, wat nie net ‘n reël maak en verwag dat ons dit gehoorsaam nie, maar Sy reëls is daar vir ons beswil. As ons werklik begeer om Hom te gehoorsaam, ongeag hoe onmoontlik dit lyk, Hy is gewillig om ons te help om die pad te vind. Dit is eerstens vanselfsprekend dat ons ‘n liefdevolle, vertrouensvolle verhouding met ons Hemelse Vader moet hê, wat uiters moeilik mag wees vir hulle wat nog nooit liefde en vertroue geken het nie. Hulle in hierdie posisie moet een klein stappie neem en vir God in hul hart sê: “Ek wil leer om U lief te hê en te vertrou – help my asseblief.” Hy sál antwoord. Hy is die enigste Een wat emosies en optredes kan verander en stukkende verhoudinge en gebroke harte kan heel (Luk 4:18).
Eers as ons verhouding met Hom daargestel is, kan ons met vertroue na Hom gaan en ons probleem oorgee aan Hom, met die wete dat Hy sal hoor en antwoord (1 Joh 5:14-15). Enige kind van God wat gewillig is om Hom daarin te vertrou, sal begin agterkom dat die Heilige Gees in sy hart aan die werk is.
God sal die kliphart as gevolg van ‘n mishandelde kinderlewe verander en Sy wonderlike verlossingswerk begin deur dit ‘n hart van vlees en gevoel te maak (Eseg 36:26).
Die volgende stap is om te vergewe. Dit sal absoluut onmoontlik lyk, veral vir hulle wat die ergste soort van mishandeling deurleef het, maar by God is ALLE dinge moontlik (Mark 10:27). Bitterheid sal gesink het in die harte van hierdie tragiese slagoffers, tog is daar niks wat die Heilige Gees nie kan versag, as die mens gewillig is nie. Al wat nodig is, is om daagliks die situasie voor die Vader van alle genade te bring en met Hom te praat oor hoe, vanuit ‘n menslike oogpunt, dit moontlik is dat sulke slegte gedrag, spesifiek vanaf die ouers, wat daartoe verbind was om ons as kinders lief te hê en te vertroetel, ooit vergewe kan word.
Daar hoef geen vrees te bestaan om teenoor God die onvermoë om te vergewe, te erken nie. Dit is waar dat onvergewensgesindheid sonde is, maar dit is slegs opsetlike onvergewensgesindheid, waar ons harte verhard is en nooit weer vergifnis wil oorweeg, teenoor hulle wat ons so bitter seergemaak het nie. ‘n Kind van God wat na Sy Vader gaan vir hulp met iets wat hy nie vir homself kan doen nie, sal nie ‘n kwaai, dreigende God vind nie, maar ‘n Vader wat slegs ‘n hart vol oorweldigende liefde, omgee, genade en ‘n verlange het om te help.
Eers as die Heilige Gees Sy helingswerk in ons begin het, sal ons sien dat ons anders na ons ouers begin kyk. Miskien sal die Gees openbaar dat wat die ouers betref, of ten minste een van hule, op dieselfde wyse behandel is gedurende hul kindwees, en sal een van die twee geen idee hê van wat hulle emosioneel aan ons gedoen het nie, of hul optrede was ‘n uitlaatklep vir hul onderdrukte woede. Selfs as daar geen verklaring vir hul optrede is nie, verwag God dat ons na Hom toe gaan vir hulp om te vergeef, sodat ons eie siele en harte nie stelselmatig deur bitterheid vergiftig word nie.
Daar is getuienisse van hulle wat ongelooflike wreedheid moes verduur en karige liefde by hul ouers ontvang het en tog – deur te leer om volkome op die genade en krag van die Almagtige God te steun – het hulle geleidelik heling vir hul harte en vergifnis en ‘n liefdevolle gesindheid teenoor hul ouers ontvang. Deur hul ouers aan God vry te laat, het hulle gesien dat hul ouers ook begin om te verander en die vreugdevolle einde van die storie was ‘n liefdevolle familie, onder God verenig. Ef 6:2-3 sê vir ons, “Eer jou vader en jou moeder” is ‘n baie belangrike gebod. En daar is nog ‘n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
English
Hoe eer ons ‘n ouer wat geweld pleeg?